Ndlovu jeurgkoor bekoor op America’s Got Talent


Die Ndlovu jeugkoor van Limpopo het pas die beoordelaars – die kritiese Simon Cowell inkluis – omgeboul in die 14e seisoen van America’s Got Talent.

Die koor het ‘n staande ovasie ontvang van al die beoordelaars en die gehoor. Hulle weergawe van My African Dream was ‘n ware treffer. Die dirigent van die koor is Ralf Schmitt.

Die koor bestaan al 10 jaar. Baie van die kinders is weeskinders wat na hulle broers en susters moet omsien.

Kyk self:

Lees meer:

https://www.thesouthafrican.com/videos/ndlovu-youth-choir-americas-got-talent/

https://www.channel24.co.za/TV/News/watch-south-african-choir-gets-standing-ovation-on-americas-got-talent-20190626