Luister weer: Wendrama “Anders geveer”


Die algehele wendrama van verlede jaar se radiodrama-kompetisie, Sophia van Taak se Anders geveer, is  Donderdagaand 2 Mei om 8 uur uitgesaai.

Luisteraars sal Van Taak se aangrypende Springgety onthou, wat in die vorige kompetisie die derde plek ontvang het.

’n Sewentienjarige seun wat aan Aspergersindroom ly, vind hoop en motivering in ’n buitengewone vriendskap wat uiteindelik ook tot die redding van sy enkelouer-ma kom. Sy ma voer ‘n stryd om oorlewing en bedryf ‘n tuisbakkery om kos op die tafel te hou. In ‘n nuwe woonbuurt raak hy bevriend met ‘n korrelkop-duiweboer, maar die vriendskap neem skielik ‘n tragiese wending.

Regisseursnotas deur Joanie Combrink

STORIE

Na vele probeerslae om ‘n bestaan te maak en ‘n geskikte skool en omgewing vir haar seun te vind, verhuis ‘n enkelma en haar tienerseun met Aspergersindroom, na ‘n klein plattelandse dorpie. A.g.v sy sosiale onbeholpenheid en ander se onkunde oor die sindroom, sukkel hy om vriende te maak en aanvaar te word. Hulle pad kruis diè van ‘n paar ander rand-figure op die dorp en die seun begin ‘n vriendskap met ‘n knorrige ou man, wat hom mettertyd alles oor vlugduiwe leer. Namate die vrienskap vorder en hulle al hoe meer ondersteuning  by van die ander inwoners kry,  begin ma en seun meer tuis te voel.

Die skrywer, Sophia van Taak, kyk met insig en deernis na mense wat nie noodwendig die norm verteenwoordig nie.

SPELERS

Die spelers is:

 

Frieda van den Heever

Frieda van den Heever as die enkelma San Scheepers.

Sy moes haar loopbaan as keramiekkunstenaar opgee en bak tuis om ‘n inkomste te verdien

De Klerk Oelofse

De Klerk Oelofse as die seun Joshua.
Hy is in matriek en hoogs intelligent, maar sosiaal lomp.

Hulle nuwe bure is

Roeline Daneel as Betsie, ‘n eienaar van ‘n kunsgallery.

Erica Wessels as Jeanne, ‘n prokureur en regsdosent

Neels Coetzee is die knorrige ou man Gus. Hy is ‘n kluisenaar en teel vlugduiwe.

Leon Kruger is Adriaan Vos, Gus se enigste vriend en

Charl van Heyningen is die skoolhoof Groenewald, wat aanvanklik nie veel begrip vir die sindroom toon nie.

Lees en luister ook

2 Mei: die Wendrama!

Joernalis wen radiodrama kompetisie