Luister weer: Ouma op haar besem


23 Mei: Ouma op haar besem, deur Annika Swanepoel

Donderdagaand is dit tyd vir  Annika Swanepoel se Ouma op haar besem met spelleiding deur Anrich Herbst.

Annika Swanepoel was ‘n finalis in die RSG/Sanlam Radiodrama Skryfkompetisie van 2017.

Die storie: Die liefde tussen twee jongmense kom te staan voor ‘n toets van ouerdruk en vorige verhoudings.

Wanneer Marinda, die duikinstruktriese, en Jay-Z, die sakeman wat eintlik wil skilder, se liefde in gedrang kom, deel Marinda se Ouma ‘n belangrike les met Jay-Z se beherende ma. Maar sal dit genoeg wees om hulle liefde te red, en sal Jay-Z mans genoeg wees om te veg vir die een waarvoor hy lief is?

‘n Woord van die regisseur, Anrich Herbst

Anrich Herbst

Die jaarlikse RSG/Sanlam Radiodrama Skryfkompetisie is ‘n wonderlike platvorm om nuwe skryftalent te ontgin, en met ‘n bietjie slyp lewer dit tekste wat dramas van uitsaaigehalte word. Vir ‘n regisseur is dit ‘n voorreg om ‘n werk op te voer wat deur die luisteraar positief beleef kan word.

‘n Wonderlike ervaring van die radiodrama genre is wanneer die teks as’t ware “lewe kry” wanneer die akteurs voor die mikrofoon inskuif. Dit was inderdaad ook die geval met Annika Swanepoel se drama, Ouma op haar Besem. Die uitdaging vir my as regisseur was om aan die soms vreemde optrede van die karakters, wat eintlik tog so eg aan die mens se kondisie is, geloofwaardigheid te verleen.

Die Spelers

June van Merch

June van Merch (speel Marinda se OUMA wat ingryp toe Jay-Z se beherende ma Iona, byna sake verongeluk vir Jay-Z en Marinda),

Liande Valentyn

Liandé Valentyn (speel MARINDA, ‘n duikinstruktrise en verlief op Jay-Z, die sakeman wat eintlik wil skilder),

Wilhelm van der Walt

Wilhelm van der Walt (speel JAY-Z, die sakeman wat eintlik wil skilder. Hy is verlief op Marinda, maar sy beherende ma, Iona, krap sy sake deurmekaar),

Isadora Verwey

Isadora Verwey (speel IONA, Jay-Z se beherende ma),

Karli Heine

Karli Heine (SUNE), en

Mariechen Vosloo

Mariechen Vosloo (AMY).