Kom beleef Koöperasiestories in lewende lywe


Koöperasiestories – In die Bellville Burgersentrum 2-14 Mei

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul…

Die verhoogproduksie van P.G. du Plessis se geliefde verhale het by die US Woordfees, waarna speelvakke by die KKNK, Bellville Burgersentrum en Atterbury teater (Pretoria) volg.

Sandra Prinsloo, wat ook die regie van du Plessis se Sophia Mentz beredder haar boedel en Teerling behartig het, is die regisseur.

Du Plessis se bekende verhale speel af in ‘n kleindorpse omgewing. Dis ‘n vorige era, maar soos tipies aan al sy werk, is die karakters en hulle probleme tydloos. Ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die karakters. Onderliggend bly egter die deernis. Dis volksteater, vol lag en bietjie traan.

 Rolverdeling:

Marion Holm, meer bekend vir haar eenvrouvertonings, is saam met Chris van Niekerk, Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla), die veelsydige Wessel Pretorius, en Carel Nel te sien in die rolverdeling.

Genis (Carel Nel) en Veldsman (Chris van Niekerk) – foto Robert Hamblin

Van Niekerk het jare terug op TV die “kakkerlak-ondersoeker” gespeel. Volgens hom is dit “ nou ‘n werklike eer om die keer in die verhoogproduksie in die briljante Emgee Pretorius se voetspore te volg en die rol van die amper siniese Veldsman te vertolk”.

Vir Holm is dit heerlik om saam met ander akteurs te werk en nie alleen, soos met haar eenvrouvertonings nie. “Die feit dat daar ‘n teks, regisseur, stel- en kostuumontwerper, en vervaardiger is, laat my voel ek is in Hollywood!”

Volgens Wessel Pretorius is “Oom P.G. se stories my kinderdae, my ouers, my ooms en tannies, die kuns van luister en oorvertel en die lui Sondagmiddae van braaivleisrook.  Ek dink daar is min dinge so Afrikaans soos Koöperasiestories – die dorpie en sy mense met hulle teenstrydighede, voorbehoude en voorliefdes, maar veral warmte.  Ek kan ook dan nie aan ‘n beter groep mense en storievertellers dink as onder andere Marion Holm en Chris van Niekerk om lewe te gee aan Du Plessis se volksbesit nie.  En dit nog onder die ervare en sensitiewe leiding van die meesterlike Sandra Prinsloo.”

PG Du Plessis se bekende gomtoneel. Fotograaf EJ LANGNER

Eerste dag met volle geselskap

 

So lyk dit as die teks ontleed word.

Oorsponklike teks: P.G. du Plessis

Verwerking: Alexa Strachan

Regie: Sanda Prinsloo

Stel- en beligtingsontwerp: Juanita Ferreira

Kostuums: Anel Kleynhans

Musiek: Emile Minnie

Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp

Vervaardig deur Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan

Bellville Burgersentrum: 2-7 Mei; 11 en 14 Mei- aand shows om 19:30 en Saterdae en Sondae matinee om 15:00

Bespreek: Computicket

Genis en Veldsman. Fotograaf Robert Hamblin

Marion Holm as Mietie. Foto Robert Hamblin

Genis en kie. Foto: Robert Hamblin.

Optredes ten bate van:

Saterdag 6 Mei om 15:00 ten bate van Alta du Toit Nasorgsentrum. Marina@altadutoit.org.za; 021 913 2106

Saterdag 6 Mei om 19:30 Ten bate van Ruyterwacht Seniorsentrum-Nr 021 534 3090 e-pos rwss@telkomsa.net & Fisantekraal Opleidingsentrum – 021 975 7764 info@fisantekraal.org.za &

Woensdag 10 Mei om 19:30 ten bate van Huis Jabes 0835643313 / adri@sostrust.co.za

Vrydag 12 Mei om 19:30 ten bate van Durbanville Voorbereidingskool- (021) 975-1125   esther@dvprep.co.za