Kragtoer-spel in ‘Mike en Mavis’


MIKE EN MAVIS: Luister Donderdag 27 Desember om 20:00

Deur Wessel Pretorius (vir die radio verwerk deur Gerrit Schoonhoven)

Regie: Gerrit Schoonhoven. Dit is sy debuut as radiodrama-regisseur.

Die storie
Mavis Kellerman, ʼn weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld, behalwe vir haar e-posse met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang ʼn uitnodiging vir die opening van ʼn nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente.

Die eienaar, Mike Lewis, is ʼn eksentrieke jongkêrel met ʼn ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen en bevind haarself aan die ontvangkant van ʼn vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ʼn reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie, is dat sy en Mike ʼn geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het.

ʼn Romantiese en ouwêreldse komedie wat die hartsnare sal roer.

Die spelers

Wilson Dunster en Elize Cawood

Die akteurspaar Elize Cawood (as Mavis) en Wilson Dunster (as Mike) lewer kragtoer-vertolkings.

Jenna Dunster kan as Mavis se dogter gehoor word.