Luister Vrydag: “Die Oudisie”


Dié radioteater – wat op vanjaar se Oppiwater Kunstefees opgeneem is – word Vrydag, 6 Desember 2019 tussen 14:00 en 15:00 op RSG se “driesestig” uitgesaai!

“Die Oudisie” deur Anton Chekhov is In Afrikaans vertaal deur Nico Luwes vir RSG en opgevoer tydens die RSG-Lefra Oppiwater Kunstefees 2019.

Johan Rademan

Luister na “DIE OUDISIE” eerskomenende Vrydag, 6 Desember tussen 14:00 en 15:00 op RSG se “driesestig”!

Johny Klein, Sue Pyler en Frans Swart in aksie.

ROLVERDELING:

 Victor – Johny Klein

Nina – Sue Pyler

Igor – Frans Swart

Tegnies: Frik Wallis

Regie: Johan Rademan

Agtergrond

Een van die hoogtepunte elke jaar op RSG en Lefra Produksies se Oppiwater Kunstefees, is wanneer RSG  ‘n radioteater voor ‘n gehoor opneem.

Daar word met die spelers voor die gehoor gerepeteer en dan word ‘n opname gemaak.

Die ervaring van ‘n deurwinterde akoestiese regisseur soos Frikkie Wallis is ontonbeerlik in die proses. Gesoute radiodrama regisseur Johan Rademan sê dat hierdie projek elke jaar uitverkoop is omdat die RSG-feesgangers versot op Radioteater is.

‘n Volgepakte Crystal Lounge tydens die opname van “DIE OUDISIE

“Ons is dus baie opgewonde dat ons radioteater opname in 2020 in die Teater gaan wees. Ons kan meer mense akkommodeer en die akoestiek is ook baie beter.”

DIE OUDISIE wat hierdie jaar voor die Oppiwater-gehoor opgeneem is, gaan Vrydag, 6 Desember tussen 14:00 en 15:00 op Johan Rademan en Martelize Brink se Driesestig-program uitgesaai word.

Frans Swart, Feesdirekteur van die Oppiwater Kunstefees, sê hy: “Dit gaan so lekker vir die Feesgangers wees om die drama te hoor waartydens hulle die gehoor was, maar ook die mense by die huis. Ons hoop dit inspireer hulle so om vir 2020 se Oppiwater Kunstefees te bespreek.”

Johny Klein as Victor

Klankingenieur, Frikkie Wallis

khov

Sue Pyler as Nina

Lees en luister ook

Anton Chekhov’s Letter to His Brother about the 8 Conditions for “Civilized People.”