‘Erfporsie’ en ander dramas


‘n Klassieke drama wat meer as 200 jaar oud is, ‘n splinternuwe radioverwerking van een van Pieter Fourie se verhoogstukke asook ‘n groot gerf wendramas is in RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2019 ingesluit.

Radioteater word van April tot Junie elke Donderdag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai. Die radiodramas word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

6 Junie: Erfporsie deur Ronel Mostert

Ronel Mostert se Erfporsie gaan vir heerlike komiese vermaak sorg.

Amor Tredoux gaan die spelleiding van Erfporsie behartig. Lees meer.

13 Junie: Afkoeling deur Martyn le Roux

Martyn le Roux se Afkoeling gaan ook die lagspiere prikkel.

Kobus Burger is die regisseur vir Afkoeling, die opvolg van die uiters gewilde Hittegolf.

James Borthwick, Elize Cawood, Franci Swanepoel, Kaz McFadden, Mandi Baard, Duncan Johnson en Denver Vraagom vertolk die rolle in dié donker komedie.

20 Junie: Gert Garries – ‘n Baasiekel Blues, deur Pieter Fourie

Pieter Fourie, voormalige hoofdirekteur van die KKNK en ontvanger van die Hertzogprys vir sy drama-oeuvre, is later vanjaar 79 jaar oud. Sy verhoogstuk Gert Garries – ‘n Baaisiekel Blues is in 2002 tydens die KKNK opgevoer en tree in gesprek met Ettienne Leroux se roman, Magersfontein, O Magersfontein. Johan Rademan voer dit vir die radio op.

Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ’n doodsertifikaat bekom, ’n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ’n empatiese verkeersbeampte, ontstaan ’n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ’n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ’n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.

Gert Garries word ook later vanjaar deur Protea Boekhuis gepubliseer.

27 Junie: Besoek van die grensbreker, deur Manie Groenewald

Die seisoen word op Donderdag 27 Junie afgesluit met Besoek van die grensbreker deur Manie Groenewald en spelleiding deur Mari Snyman. Dit is ‘n sterk drama oor vroue. Drie susters word met hul verlede en verbrokkelde verhoudings gekonfronteer wanneer hul ma sterf. ‘n Vreemde man se besoek vertrap al die grense tussen hulle en die werklikheid…

Die Radiodrama-skedule in ‘n neutedop:

DATUM TITEL SKRYWER REGISSEUR
4 April Liewe Pynappel
Anna Greenfield Frieda van den Heever
11 April Ontruim
Esta Steyn Helena Hugo
18 April

 

Die Selle
Herman Cronjé Renske Jacobs
GOEIE VRYDAG
19 April
Die Prokurator van Judea
Frieda de Villiers Helena Hugo
25 April Suidoosterfees-konsert
2 Mei Anders geveer
Sophia van Taak Joanie Combrink
9 Mei Wilhelm Tell
Friedrich Schiller Jacques Loots
16 Mei Klippe wat val Philip Rademeyer Ronel Geldenhuys
23 Mei

 

Ouma op haar besem

Annika Swanepoel Anrich Herbst
30 Mei Karel se oupa

Retief Scholtz Christelle Webb-Joubert
6 Junie Erfporsie
Ronel Mostert Amor Tredoux
13 Junie Afkoeling
Martyn le Roux Kobus Burger
20 Junie Gert Garries – ‘n Baaisiekel Blues Pieter Fourie Johan Rademan
27 Junie

 

Besoek van die grensbreker Manie Groenewald Mari Snyman