Bespreek gou vir Oppiwater 2019


Lefra Produksies en RSG se baie suksesvolle Oppiwater Kunstefees word volgende jaar van 15-19 April aanboord die MSC Musica aangebied.  Die skip vertrek vanaf Durban en besoek Mosambiek se mooie Pomene.  Hierdie is die sesde jaar wat Oppiwater aangebied word.  Die vorige vyf jare was totaal uitverkoop!

Vanjaar spog Oppiwater Kunstefees met meer as 25 top Afrikaanse produksies – van toneel, komedie, drama, sang en musiek.  Amanda Strydom doen twee produksies, State of the Heart  en ook Amanda Strydom in konsert.  Kom lag vir jou eggenoot in Groet die Grotman 2 en sien vir Sandra Prinsloo en Franci Swanepoel in Soebatsfontein.  Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm is in Drie Susters, en jy kan skaterlag vir My vrou se man se mannetjie.  Vir die eerste keer op enige Kunstefees word die volle musiekblyspel Buddy – the Buddy Holly story met Brendan Peyper in die rol van Buddy aangebied.  Die Pomporrelkonsert met Johny Kleyn maak sy debuut op Oppiwater Kunstefees.  Prof Hans du Plessis (Griekwapsalms) bied ook ‘n prosakursus aan vir voornemende skrywers.   Daar is vele dekpartytjies, ‘n wynproe, damesoggend, kans om die kunstenaars te ontmoet en vele meer produksies!  RSG omroepers Amore Bekker, Johan Rademan, Sue Pyler en Derrich Gardner vaar saam.

Die volledige Oppiwater Kunstefees program verskyn by www.oppiwater.co.za en by https://online.computicket.com/web/festival/oppiwater_kunstefees_2019/34372265/

Kom vaar saam en kry jou kuns Oppiwater – alles in Afrikaans!  Bespreek vir die Oppiwater vaart by 0860 114 411 of op die volgende skakel: https://www.msccruises.co.za/en-za/Cruise-Deals/Theme-Cruises/Rsg-Oppiwater-Kunstefees.aspx

Bespreek kaartjies vir jou produksies by Computicket by 0861 915 8000 of op die volgende skakel: https://online.computicket.com/web/festival/oppiwater_kunstefees_2019/34372265/

Vir meer inligting, besoek www.oppiwater.co.za of stuur ‘n epos aan oppiwater@rsg.co.za

Só het RSG luisteraars vorige Oppiwater feeste geniet: