Lees en kyk meer: Oor Pous Johanna en oor Jana Cilliers
Drama: Pous Johanna II met Jana Cilliers
Uitsaaidatum: Donderdag 17 November, 20.15
Geskryf deur Esther Vilar, vertaal deur Saartjie Botha.
Met Jana Cilliers & Sulette Thompson
Dit is die jaar 2033 en ‘n Amerikaner – die dogter van ‘n prostituut wat in ‘n krotbuurt in Los Angeles gewoon het – word as pous verkies. Egskeiding, geboortebeperking en homoseksualiteit is toelaatbaar en Katolieke priesters mag trou.
Daar is geen dogma, doodsondes of gebede nie. Al die Katolieke kerk se geld is onder die armes verdeel… En nou lewer Pous Johanna II haar inhuldigingstoespraak op televisie, al word sy kort-kort deur advertensies onderbreek.
Die aktrise Jana Cilliers lewer ‘n kragtoer in hierdie omstrede solostuk oor geloof en godsdiens in die moderne wêreld.
Regie: Eben Cruywagen
Luister hier na die promo:
Hier is ‘n kykie agter die skerms van die kragtoer wat op jou wag. Eben vertel meer en Jana is in aksie.
