Bittereinders: Ons nuwe nostalgiese musiekreeks


Bittereinders is ‘n musiekreeks waarin Suid Afrikaanse musieklegendes wat al vir 25 jaar + in die bedryf aktief is, vier.

Musikante wat oor die jare hulle musiekstyl aangepas het, heeltemal verander het en veral ‘n verskil gemaak het in die musiekbedryf. Dié reeks van 13 programme wil luisteraars op ‘n reis neem saam met onder andere Johnny Clegg, Mango Groove, Ladysmith Black Mambazo en Steve Hofmeyr.

Christelle van Tonder is die samesteller en aanbieder van die reeks oor bittereinders in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, elke Maandagaand vanaf die 2de April, net na die 21:00 nuus op RSG.