Fritz se Sondagmiddag Goue Oues nou op CD


‘n Samestelling van gewilde Goue Oues soos gespeel op Sondagmiddag met Fritz op RSG,  is nou op CD beskikbaar. In dié baie gewilde Sondagmiddag-program speel Fritz Klaaste musiek uit die goue jare van popmusiek oor byna drie dekades.

Dis dikwels die vergete treffers wat Fritz opdiep wat groot reaksie uitlok, maar dis nie noodwendig beskikbaar nie. Daarom hierdie CD-samestelling deur Fritz, wat spog met goue treffers soos Joe Dolan se Make Me An Island, The Tymes met Ms Grace, Christie met San Bernadino, Flowerpot Men se Let’s Go To San Francisco, Teach In se Ding-a-Dong, James Lloyd se Keep On Smiling en Sweets for my Sweet van The Searhers.

“Sondagmiddag op RSG met Fritz Klaaste” in ‘n heldergeel CD-omslag is nou beskikbaar by jou naaste musiekwinkel, of bestel dit aanlyn. Die projek is in samewerking met David Gresham Records.