Grensskuiwers #11: Orkesmusiek deur Bert Kaempfert, André Rieu en meer


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS na uiteenlopende orkesmusiek. Musiek van die Boston Pops orkes, Bert Kaempfert, André Rieu en die Johann Strauss orkes, die Hooked on Classics reeks met disko skop én die heavy metal groep Metalicca saam met die San Francisco Simfonie orkes.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

1. BOSTON POPS ORKES

Een van die eerste orkeste wat waag om hoofstroommusiek met klassiek te vermeng – reeds gestig in 1885 deur Henry Lee Higginson.

2. BERT KAEMPFERT EN SY ORKES

Kaempfert se musiek is kenmerkend jazz -swing en pop. Maar hy word ook gesien as ‘n baanbreker van wêreldmusiek met sy 1962 album A Swinging Safari beinvloed deur Suid-Afrika se kwêlastyl.

3. HOOKED ON CLASSICS

Klassiek met disko skop. Die eerste album verskyn in 1981. Hooked on Classics is n reeks albums van Louis Clark voormalige verwerker van die Electric Light Orchestra, tesame met die Koninklike Filharmoniese orkes.

4. ANDRé RIEU EN DIE JOHANN STRAUSS ORKES

Bekend vir skouspelagtige buitelugkonserte wat klassieke en walse net so gewild soos rock en popkonserte maak.

Video: Sir Anthony Hopkins se komposisie: And the walz goes on.

5. BASEMENT JAXX EN DIE METROPOLE ORKEST

Basement Jaxx neem in 2011 n album saam met The Metropole Orkest – die Grammy bekroonde jazz en pop orkes van Nederland op.

6. DIE KONINKLIKE FILHARMONIESE ORKES MET ABBA SE MUSIEK

Die Koninklike Filharmoniese Orkes met ABBA se musiek – Orkeste trek graag ‘n nuwe baadjie aan vir ABBA se musiek.

7. METALICCA EN DIE SAN FRANCISCO SIMFONIE ORKES

Metalicca en die San Francisco Simfonie orkes neem – ‘n regsstreekse opname in April 1999 op. Die projek staan bekend as S & M – kort vir Simfonie en Metallica.

8. ELTON JOHN EN DIE MELBOURNE SIMFONIE ORKES

‘n Regtreekse album opgeneem op 14 Desember 1986. John keer terug vir die tweede deel van die konsert– opgetof as Mozart – pruik, moesie en al – vir n optrede met n orkes van 88 lede.