Grensskuiwers #6: Harp, saksofoon, kitare en meer


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS – na instrumentaliste fluitspeler, James Galway, die HarpTwins, die trio Affiniti en die lawwe Mnozil Brass Koperblaasensemble van Oostenryk.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

James Galway

James Galway. Die man met die goue fluit. Met meer as dertig miljoen CD verkope wêreldwyd is hy al vir dekades n huishoudelike naam en word hy gerespekteer vir beide, sy tradisionele klassieke uitvoerings en sy kontemporêre musiekbydrae.

HarpTwins

Die twee Amerikaners, is ‘n identiese tweeling – blondines, Camille en Kennerly Kitt. Hulle daag die stereotipese beeld van n harpspeler wat jou betower en in n beswyming inspeel- behoorlik uit – en met twee opvolg albums getiteld HARP ATTACK is die plan beslis nie om jou te laat insluimer nie….

Siobhan Owen (Sopraan en harpspeler)

Sobhian Owen

Luister na haar lied: The Snowgoose song (Die sneeuganslied)

Mnozil Brass (gestig in 1992) – Koperblaasensemble

Die Oostenrykse Mnozil Brass ensemble neem hulleself selde ernstig op…. Hulle beskryf hulle musiek as, ek haal aan “toegepaste koperblaasmusiek vir mense van oor die hele spektrum.. Op hulle webtuiste sê Mnozil “Ons trotseer elke uitdaging, geen noot is te hoog vir ons nie, geen lippe te warm nie, en geen musiek is te minderwaardig vir ons nie”…

Affiniti

Die lede van Affiniti is afkomstig van Ierland. Die groep was eers bekend as Celtic Rose, voor hulle naam verander het.

Die Los Angeles Kitaar Kwartet (LAGQ) – 1980

Los Angeles Guitar Quartet. LAGQ wen in 2005 die Grammy vir die beste klassieke crossover album Guitar Heroes…

Amy Dickson (1982).(Saxofoonspeler)

Amy Dickson. Dickson is al twee keer benoem vir ‘n Grammy, glo die eerste saksofoonspeler wat hierin slaag.

Kontak ESTé GROSS | T: 083-778-2367 | Twitter: @EsteGross @zarsg