Haidee se Wegtreknommertjies


Haidee se Wegtreknommertjies skop Maandag 8 April om 21:00 af.

Haidee se musieksmaak strek wyd.

Sy vertel self:
“Eintlik is ek ‘n ou siel, maar omdat my musiekmal pa, Pietie Muller, my met musiek so teen die oor grootgemaak het, luister ek musiek wat lank voor my tyd al GROOT treffers was. Ek  het groot waardering vir Goue Oues, ek hou bv van daai era se melodieë, hoe die liedjie aanmekaar getimmer is, die sterk ou kitaarklanke – ag, sommer alles. Hulle maak nie meer daardie soort musiek nie.”

Haidee se Wegtreknommertjies gaan oor die liedjies waarmee ek grootgeword het, maar OOK die musiek wat my inspireer; die klanke wat my deur die dag kry, die musiek wat ek speel wanneer ek opgewonde is of selfs as my hart vol en eina is. Die kunstenaars van hierdie snitte, was natuurlik uiters gewild, maar daar is ook musikante wat baie goeie musiek gemaak het, maar nooit werklik die erkenning gekry het wat hulle verdien het nie – Hier dink ek bv aan die musiekgroep, The Invaders, van Uitenhage. Hulle het die land vol gereis en by langarm-funksies gespeel. Dan het die mense gedans dat die stof so staan.”

Haidee was al van kleintyd af lief vir musiek. Sy is die enetjie met die bril en oorfone wat so selfvoldaan agteroorsit met die musiek in haar ore!

Gewoonlik wanneer Haidee soggens in die kar inklim om werk toe te ry of om na ‘n onderhoud vir RSG te gaan, het sy al klaar haar liedjie in haar kop waarmee sy die dag gaan “gryp”. Daar is gewoonlik ‘n ritueel. Wanneer sy haar sit kry, maak sy eers doodseker sy het haar wegtreknommertjie reg. Sy sit haar kar in trurat – en die nommertjie begin sy dan speel sodra haar hek toegaan en sy buite haar erf is.

Dis daai nommertjie wat die verloop van die res van die snitte sal bepaal tot sy by haar bestemming of die SAUK in Seepunt kom.

Haidee sê: “Dis gewoonlik die liedjie wat haar pas en gemoed vir die dag bepaal. Soms skop ek dit af op ‘n vrolike noot en sal dan iets energieks speel (Dink aan ‘n liedjie soos LOVE IS IN THE AIR van John Paul Young ’78 of  The Village People se Can’t Stop the Music ’80),

Soms voel ek asof ek in ‘n fliek uit die sestigerjare is, en dan speel ek gereeld CUPID van Sam Cooke. Dit bly een van my gunsteling liedjies om in die kar te speel as ek  wegtrek.

Soms voel ek erg nostaligies of ek verlang na my ouers op Oudtshoorn en dan kies ek iets uit my kinderjare  – soos bv Cozy van The Shadows of SHE van Elvis Costello of Surfer Girl van The Beach Boys of Arms of Mary van Sutherland Brothers and Quiver. My pa speel vandag nog gereeld hierdie musiek vir ons.”

Om te sê Haidee is dol oor musiek uit die ou dae, is om dit liggies te stel – Haidee het ‘n absolute obsessie (‘n gesonde een) met musiek. Sy sal nooit deur ‘n dag kan kom sonder haar musiek nie. Sy ry ook nie in ‘n musieklose kar rond nie. “Ek sing sommer self as die radio stukkend is of ek speel musiek via my foon, maar musiek sal daar wees. Come Hell or high water.”

Hier is ‘n voorsmakie van die nommers wat Haidee gewoonlik speel in die kar en tydens die program sal speel. Hierdie goue oues gaan in die heel eerste program gespeel word: