Nuut vanaand: Skrywers en musiek


Vanaand (Donderdag 11 Julie) kan jy luister na die tweede program in die nuwe programreeks Skrywers en musiek.

Die bekende skrywer Harry Kalmer sou die reeks behartig, maar weens gesondheidsomstandighede kon hy net 1 program lewer en dit is verlede week uitgesaai. Dit was Harry in gesprek met die bekroonde skrywer Kleinboer, oftewel Fanie de Villiers.

SJ Naude

Donderdag 11 Julie se episode van Skrywers se musiek word behartig deur Kobus Burger en hy gesels met die oud-regsgeleerde en bekroonde skrywer S.J. Naudé oor sy musiek. Naudé is bekend om Alfabet van die voëls en Die Derde Spoel en sy musiekkeuse kom uit onder andere Ysland en Duitsland.

Van Donderdag die 18 de Julie sal die digter Danie Marais die reeks behartig.

Danie Marais