Viva Voce 8: Unieke klanke van oor die wêreld


Die sang van die eksotiese en eksentrieke Yma Sumac, glo ‘n Inka prinses, is van die musiek wat jy in die agste episode van Viva Voce kan hoor. Daar is ook unieke keelsang,  ‘n man wat die natuur se klanke met sy stem kan namaak en tradisionele Ierse musiek en die Russiese basso profundo Vladimir Miller wys watter lae note in hom steek.
Luister Sondagoggend 10:00 na Viva Voce na dié unieke klanke en musiek uit verskillende wêrelddele.

Gennady Tkachenko-Papizh
maak die klanke van die natuur na met sy stem

Vladimir Miller, die Russiese Basso Profundo met die besondere lae note

Khusugtun ensemble neem luisteraars terug na Mongolie met keelsang


Catherine-ann Macphee verduidelik Galliese jilting of mondsang

Yma Sumac sing Chunco

Sissel Kyrkjebø