Kirvan Fortuin: Al dansende van Macassar tot Rotterdam


Kirvan Fortuin, al dansende van Maccassar tot Rotterdam is ‘n dokumentêr oor die jong danser en choreograaf wat in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword het en wat sy passie as ’n beroep gekies het en hierdie passie het hom gelei na verhoë oorsee en plaaslik.

Johan van Lill het die dokumentêr saamgestel. Luister weer:

Agtergrond-inligting oor die jong danser/choreograaf (verwerk uit ‘n artikel wat oorspronklik in Son verskyn het)

  • Sy passie is dans, en dié passie het hom al na verhoë in Europa geneem het.
  • Fortuin werk deesdae in Nederland as ’n vryskutdanser en choreograaf werk, en besoek Suid-Afrika gereeld  om aan verskeie projekte te werk.
  • Hy het die eerste keer as onafhanklike choreograaf vir die Kaapstadse Stadsballet aan Silver and Gold (You and I) gewerk.
  • Fortuin het geen formele opleiding gehad voordat hy na die Universiteit van Kaapstad (UK) toe is om sy dansonderwysdiploma te kry nie.
  • Hy was deel van die Field Dance Foundation se jeugontwikkelingsprogram en die res het hy op TV geleer.
  • Fortuin sê hy is byna elke dag ontmoedig om sy passie te volg. Hy maak dit duidelik dat dit ’n uiters moeilike loopbaan is, veral wat ballet betref.
  • Fortuin geniet die verhoog. “Ek is mal oor die vreugde van vryheid, uitdrukking en emosies.”
  • Een van Fortuin se drome vir sy loopbaan is om “nie meer te baklei vir funding” vir sy werk nie. “My groot droom is om my eie dansgeselskap te hê en om met my eie werk deur die wêreld te reis.”

Luister na die klankgreep oor die program:

Luister na die promosie-klankgreep:

 

 Lees meer oor Kirvan op sy webwerf: http://kirvanfortuin.weebly.com/

Kyk na verskeie video’s van die dansende Kirvan: http://kirvanfortuin.weebly.com/video.html

Skakels na werke waarin hy gedans het of wat hy gechoreografeer het:

https://www.youtube.com/watch?v=GWVlwnNGrUk&t=1s

https://www.youtube.com/watch?v=oBB_KBAfQT8

https://www.youtube.com/watch?v=4Ksv0njoBQI

https://www.youtube.com/watch?v=nz74Jn30n1c&t=91s

https://www.youtube.com/watch?v=9s91p_YkaK0&t=56s

Kirvan se twitter rekening: https://twitter.com/Kirvan