Kyk nuut na Moedertjie Rusland
Johan Rademan het kort voor die toernooi op ‘n 1800 km rivier-en-mere vaart op die Wolga gereis en van Moskou na St Petersburg nuwe perspektiewe en feite her-ontdek in ‘n land wat maar een van 197 lande op ons aardbol is. 193 behoort aan die Verenigde Nasies. 2 Lande is waarnemers. Taiwan en Kosovo sit op die kantlyn… en hy ontdek toe baie meer as Die Snydokter van Stalingrad van Heinz. G. Konsalik en Tretchikoff se se Sterwende Swaan.
Reis op die Amberroete in Rusland saam met Johan Rademan, ‘n Russiese amberkenner, en dr. Mandie Uys in Reis Sonder Grense.
Interessante feite oor Rusland

Rusland (17,098,242 vierkante km) is die grootste geografiese land ter wêreld gevolg deur Kanada (9,984,670), die VSA, China en Brasilië. Amper dubbel so groot soos Kanada! Van 1551 – 1700 het Rusland op ‘n jaar-tot-jaar grondslag gegroei met 35 00 vierkante km (ongeveer so groot soos Nederland).
Grootste land ter wêreld
Rusland (17,098,242 vierkante km) is die grootste geografiese land ter wêreld gevolg deur Kanada (9,984,670), die VSA, China en Brasilië. Amper dubbel so groot soos Kanada! Van 1551 – 1700 het Rusland op ‘n jaar-tot-jaar grondslag gegroei met 35 00 vierkante km (ongeveer so groot soos Nederland)
Die hoofstad verander
Moskou is die amptelike hoofstad, maar St Petersburg
(ou Leningrad) was ook ‘n vorige hoofstad in die tydperk van die Tsaars. Johan gesels met Maria Smorena, ‘n Russiese toerismegids, en dr. Mandie Uys van die Noordwes-universiteit, waar sy as dosent in Engels ‘n liefde vir Rusland ontwikkel het. Die afgelope dekade reis sy gereeld van Suid-Afrika na Rusland. Moskou of St. Petersburg (die ou Leningrad) – Wie of wat verkies jy? Luister en besluit self.
Rusland is 9e dig bevolkste
China (1,38 miljard) is die dig bevolkste gevolg deur Indie (1,31 miljard) en die VSA(326 miljoen). Rusland trek maar 9de met 144 miljoen inwoners.

Russiese 5000 roebel geldnoot. Die VSA dollar word in bykans 88% van wêreldtransaksies gebruik met die Euro 31%, Japanese Jen 22% en die Russiese Roebel 18de met 1,14% – Suid-Afrika is in die 20ste posisie met ons Suid-Afrikaanse Rand.
Russiese roebels
Die VSA dollar word in bykans 88% van wêreldtransaksies gebruik met die Euro 31%, Japanese Jen 22% en die Russiese Roebel 18de met 1,14% – Suid-Afrika is in die 20ste posisie met ons Suid-Afrikaanse Rand.
Groot handelsmoontheid
Makro-ekonome by PwC meen dat Rusland van buite die top 10 grootste handelsmoontlikhede tot in die 6de posisie kan inskuif in die lys van magtigste ekonomieë ter wêreld.
2050: China 1ste (5,85 triljoen VSA dollar), Indië 2de (44,1), VSA 3de (34,1), Indonesië 4de (10,5), Brasilië 5de(7,54), Rusland 6de (7,13) en Suid-Afrika 27ste met 2,57 triljoen USD.
Russiese Tsaars
Slegs 2 Tsaardomme het Rusland regeer van die jaar 862 tot 1917 – Die Rurikovitch meer as 700 jaar waarna die Romanovs (hul afstammelinge) in 1613 aan bewind gekom het.
Die klepel van die klok word gestraf
Ivan die verskriklike se seun en opvolger, Dimitri van Oeglitsj is op 9 jarige ouderdom vermoor en word toe met die Romanovs vervang.
Geen skuldige kon gevind word nie en die klepel van die klok wat sy dood aangekondig het is toe vir “tronkstraf” Siberië toe gestuur.
Die klok en klepel is nou terug in die kerkie in Uglich. Johan gesels met dr. Mandie Uys oor die tsaardom en ikone in Rusland, met spesifieke verwysing na Uglich wat amper die hoofstad van Rusland was.
Natalia, ‘n Russiese gids, gee ook agtergrond oor die twee tsaardomme en die dood van Dimitri, wat gelei het tot ‘n klok se klepel wat as tronkstraf hardepad in Siberië gekry het. Hoor hoe klink die klok, wat weer terug is in die Russiese-ortodokse kerkie in Uglich.
Lenin en Stalin
Vladimir Lenin, wat in die mausoleum op die Rooiplein in Moskou in die praalgraf vereer word het die 1917 Februarie en Oktober rewolusies in Rusland as stoere aanhanger van Marx gelei en was van 1917 tot 1924 aan bewind. Weens swak gesondheid is hy op 53-jarige ouderdom oorlede. Sy opvolger Joseph Stalin se diktatorskap word nie vandag hoog aangeslaan deur die deursnee Rus nie en Lenin word veel meer met standbeelde, gedenkwaardighede en gedenkskrifte vereer.
Stede se name verander oor jare
Naamsveranderinge in Rusland is niks vreemd nie. St Petersburg word in 1914 herdoop na Petrograd, omdat die naam met die aanvang van WOI te Duits geklink het. In 1924 toe Lenin sterf word dit Leningrad genoem, want toe klink Petrograd weer nie Russies genoeg nie. Op 7 September 1991 stem die inwoners van die stad om kultuurhistoriese redes dat hul die ou naam van hul monnik St Petersburg gestand wil doen.

Volgograd. Stalin het Tsaritsyn(1555) in 1925 na homself vernoem. In 1965 is dit herdoop na Volgograd deur Nikita Khrushscev wat die Stalinistiese beweging moes stuit. Volgograd is in die Suidweste van Rusland teenaan die Volgarivier.
Stalingrad word Volgograd
Stalingrad is ‘n perd van ‘n ander kleur – Stalin het Tsaritsyn(1555) in 1925 na homself vernoem. In 1965 is dit herdoop na Volgograd deur Nikita Khrushscev wat die Stalinistiese beweging moes stuit. Volgograd is in die Suidweste van Rusland teenaan die Volgarivier.
Die oud-Russiese soldate onthou egter hoe die Duitsers ore aangesit is in die 2de Wereldoorlog en het om sentimentele redes al versoeke gerig aan Vladimir Poetin om agv die veelgeroemde Slag van Stalingrad die naam terug te verander. Meer as 50 000 mense o.a. die Kommunistiese Party het petisie geteken maar Stalin se vergrype wat deur Khrushscev blootgestel is, weeg te swaar op vir die Kremlin.
In die herdenkingsgeleenthede van die WOII in Volgostad of Volgograd soos dit vandag alom bekendstaan word Stalingrad wel gebruik in V-dag vieringe wat 9 Mei se “Victory Day”-vieringe kenmerk in Rusland. Hoewel die Duitsers laataand op 8 Mei oorgegee het, was dit reeds na middernag en dus 9 Mei in Rusland.
Die verband tussen Ventersdorp en Moskou
Tussen die vreemdste en indrukwekkendste grafstene in Rusland het Ventersdorp en Tlokwe se samesmelting in 2016 wat gelei het tot die JB Marks Munisipaliteit ook opgedoem. Die Novodevichy begraafplaas het ‘n interresante geskiedenis en genestel teenaan die Kremlin van St Petersburg. Hier is name soos Anton Chekhov en Constantin Stanislavsky uit drama-geledere asook Nikolai Gogol (skrywer), Sergei Prokofiev(komponis) en Boris Yeltsin (Russiese-leier) ter ruste gelê.
JB Marks is gebore in 1903 in Ventersdorp. In 1928 sluit hy aan by die SAKP. In 1942 word hy President van die Afrika Mynwerkers Unie (AMU). Op 12 Augustus 1946 staak meer as 100 000. Soldate dwing die werkers terug en Marks word gearresteer. Marks word ook as mede-samesweerder verklaar tydens die Rivonia-verhoor in 1963 en deur die ANC gevra om die land te verlaat en sy werk vanuit Tanzanie en Betjsoeanaland(Botswana) voort te sit. As banneling word hy in 1971 ernstig siek in die hoofkwartier van die ANC se buitelandse-missie in Tanzanië waar hy as Tesourier-Generaal werk. Na hy genoegsaam herstel het om te kan reis, word hy Rusland toe gestuur vir verdere mediese behandeling, maar sterf agv ‘n massiewe hartaanval op 1 Augustus in Moskou in Rusland. Ná onderhandelinge met die Russiese owerhede word sy oorskot gerepatrieer na SA waar hy herbegrawe word op 23 Maart 2015 met ‘n grafsteen wat sterk herhinner aan soortgelykes in Novodevichy.
Samara
Samara aan die Volga en Samara-riviere, waar van die sokkerwedstryde ook gespeel word.
Suid-Afrikaners en Russe: ooreenkomste en verskille?
Wat is die verskille en ooreenkomste tussen Suid-Afrikaners en Russe? Johan Rademan vra dr. Mandie Uys uit, terwyl president Vladimir Poetin Blueberry Hill sing by ‘n liefdadigheidsbyeenkoms.
- Amanda Taljaard vertel vir Johan Rademan van haar liefde vir tale, veral Russies.

Vodka-proe kan lank en vermoeiend raak. Liesl en Jaco van Suid-Afrika geniet ‘n aantappeldrankie. Yskoud en skoon… soos die Russe dit drink. Nostorovia!
Die groen Russiese platteland
Anders as wat baie mense dink, is die hele Russiese platteland groen en mooi in die somer, selfs in Siberië.
Maar selfs in die ysige winter, hou Siberië ‘n vreemde bekoring in. Kyk self.

In die Russiese winter lê die sneeu wit, en hoe meer noord jy gaan, hoe geharder is die winter. Hierdie foto is in oos-Siberië geneem.