Lang Covid: Covid kan tot diabetes lei

Covid het ‘n lang stert met verskeie moontlike gevolge, want dit kan verskeie organe aantas en ook regstreeks depressie veroorsaak. Daar word nou amptelik gepraat van Lang Covid. Ons kyk hoe Covid letterlik tot diabetes kan lei. Mari Hudson gesels met prof Tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, oor Lang Covid. Interessante feite Covid kan vele organe en stelsels aantas, insluitend die pankreas, tiroïed, longe, bloedstolling, inflammatoriese response, en hart-arritmiee. Selfs mense wat Covid aanvanklik lig kry, en gou herstel, kan so 7 tot 10 dae later ‘n insinking beleef. Dis gewoonlik ‘n inflammatoriese reaksie. Oorgewig pasiënte met ‘n BMI van meer as 41, en met diabetes het die grootste risiko vir komplikasies en Lang Covid. Medikasie wat ingespan word om Covid te behandel, kan ook die pankreas beskadig. Mense met diabetes, ly reeds aan … Lees meer Lang Covid: Covid kan tot diabetes lei