Avonturier, bergklimmer, fietsryer en Afghanistan-oorlewende


Jaco en Martelize

Hy het sy linkerarm verloor in Afghanistan. Maar hy het opgestaan en is fietsrykampioen, het die 8ste hoogste bergpiek oorwin en na die Noordpool gestap met Prins Harry en ander gewondes.

Jaco van Gass (32), fietsryer, avonturier en voormalige lid van die Britse Militêre diens, is môreoggend die gas op Oggend op RSG.

Jaco vertel vir Martelize Brink hoe hy as soldaat in Afghanistan in ‘n skermutseling beseer is en sy linkerarm by die elmboog amputeer is. Hy is deesdae ‘n paralimpiese fietsry kampioen  en avonturier wat onder andere al ‘n aanslag op berg Everest gemaak het en ook tot by die Noordpool gestap het.

Jaco, Prins Harry en nog ‘n gestremde soldaat op die Arktiese tog.

Prons Harry hang die medalje om Jaco se nek op die Invictus Spele

Wie is Jaco van Gass?

Op sy bergfiets met sy kuns-linkerarm

Oor ysingswekkende afgronde, maar niks stuit Jaco nie. Hy het die eerste gestremde Suid-Afrikaner geword wat Berg Manaslu in die Himalayas oorwin het. Dit is op 8164m die 8ste hoogste piek in die wêreld.

Jaco van Gass is in Suid-Afrika gebore en het in 2006 as 20-jarige na Engeland verhuis om by die Britse Weermag aan te sluit. Hy het sy basies opleiding voltooi en in 2007 by die Valskermregiment aangesluit.

Tydens Jaco se tweede toer na Afghanistan, ná 5 en ‘n half maande in die vreemde en net twee weke voor die einde van sy toer, het hy beserings opgedoen wat sy lewe verander het. Jaco is tydens ‘n skermutseling deur ‘n vuurpyl-aangedrewe granaat getref.

Hy het sy linker-arm van sy elmboog verloor, sy linkerlong het platgeval, skrapnelwonde aan sy linkerkant, inwendige beserings en ernstige wonde aan st linker-bobeen, ‘n gebreekte tibia en ‘n gebreekte knie.

Danksy intensiewe rehabilitasie en deursettingsvermoë het Jaco die beserings oorkom en toe die wêreld aangevat.

Hy het leer skik en verteenwoordig die Gekombineerde Magte se Gestremde Ski-span in afdraende ski kompetisies.

Jaco op die Noordpool ekspedisie

Hy het ook al verskeie marathons oor die wêreld voltooi, insluitend die New York Marathon, Safaricom Kenya Marathon en die US Marine Corps Marathon om geld vir verskeie welsynsorganisasies in te samel.

Jaco op een van sy togte

In 2011 was Jaco deel van ‘n span wat sonder enige ondersteuningspanne na die Geografiese Noordpool gereis het en met dié reis ‘n paar wêreldrekords gebreek het.

Hierdie groep gewonde soldate het die eerste geword om op die Noordpool te staan en het £1.5 Miljoen ingesamel vir die Walking With the Wounded, ‘n liefdadidigheidsorganisasies wat gewondes heroplei vir die dag as hulle die Mag verlaat.

Prins Harry het dié span vir 5 dae op hul epiese tog vergesel vir die dokumentêre reeks wat op BBC1 uitgesaai is as Harry’s Arctic Heroes.

In Oktober 2011 het Jaco die 8ste hoogste berg in die wêreld, Berg Manaslu (8164m) in die Himalayas oorwin en het daarmee die eerste Suid-Afrikaner geword wat dié bergpiek bereik het.

Jaco het in 2012 as mentor en deel die klimspan, uit Engeland na Berg Everest vertrek. Maar ongewone warm weer en baie gevaarlike toestande het die span se aanslag in die wiele gery. Hulle het tot by Kamp3 op 7000m gevorder.

Geïnspireer deur die 2012 Londen Paralimpiese Spele het Jaco begin fietsry. Hy het in 2013 die Paralimpiese Ontwikkelingspan gehaal en het nou gevorder tot lid van die Paralimpiese Akademiespan en is heeltydse fietsryer van British Cycling. Jaco het sedertdien Groot Brittanje op die Wêreldbeker en die Wêreld Fietsry-kampioenskap verteenwoordig.

Jaco (links) en mede-gewonde fietsrymaat, tydens die Cape Epic.

Enkele van Jaco se prestasies

  • Successful world record trek unsupported to The Geographical North Pole 2011 (Harry’s Arctic Heroes)
  • Represented the British Army in downhill Alpine ski racing with the Combined Services Disabled Ski Team (CSDST) 2010, 2011
  • Record holder for first disabled South African to summit Mt Manaslu (8164m), 8th highest peak in the world 2011
  • Successfully completed, raising thousands of pounds in aid of charity the Safaricom Marathon – Kenya, Marine Corps Marathon (with 35lb Bergen) – Washington DC, New York Marathon – New York.
  • Member of the advisory board of The Endeavour Fund lead by the Foundation of Prince William and Prince Harry 2012.
  • London 2012 Olympic Torchbearer
  • Completed UK Ironman 2012
  • Debrett’s People of Today, List of Honours 2012
  • Successful summit Mt McKinley (6194 m). The highest peak in North America and one of the 7 Summits 2013.
  • Current member of The Paralympic Academy Cycling Team for Great Britain.
  • Double gold medal winner at the London Invictus Games 2014
  • Gold and Silver medalist in the Orlando Invictus Games 2016
  • National Track Champion in class C4 2013 – 2015
  • National Road Race Champion in class C4 2013,2016
  • National Time Trail Champion in class C4 2015
  • World Championship Bronze medal winner in class C4 Individual 4km Pursuit 2018
  • British record holder in C4 Individual 4km Pursuit 2018

Prins Harry gesels met Jaco op die Invictus Spele

Jaco (links), gereed vir fietsry-aksie

Jaco oefen gereeld in die gimnasium

Jaco het al aan verskeie Wêreldbyeenkomste deelgeneem.

Jaco verteenwoordig Groot Brittanje in verskeie Wêreldkampioenskappe in fietsry.