‘Core’ oefeninge


As ‘n eerste stadium, moet die dieper maagspiere eerste versterk word.

As ‘n eerste stadium met enige goeie oefenprogram, moet die dieper maagspiere eerste versterk word.

Maak so:
Doen minstens 6 van die maagspier-oefeninge uit die onderstaande video’s en illustrasies.
Vir Week 1: Doen 10 herhalings, een maal
Vir Week 2: Doen 10 herhalings, twee maal
Vir Week 3: Doen 15 herhalings, 2 maal.

Kyk na die eerste video om ‘n idee te kry presies hoe jy die oefeninge moet doen. Dis belangrik om jou diep, onderste maagspiere te aktiveer en saam te trek, en ook om jou heupe altyd in ‘n konstante, vaste posisie te hou.
Doen die oefeninge in die eerste video sommer saam met die video.

Let weereens op dat die bewegings baie klein en presies is, met geen gedraai en swaai van die heupe en rug nie. Dié oefeninge is tipies van Pilates oefening en verg baie konsentrasie.

Die tweede video gee jou ook ‘n goeie idee.
Doen die oefeninge in die tweede video sommer saam met die video.

Voeg nou twee stelle elk van 10 oefeninge van elk van die onderstaande by:

Maak seker jy hou altyd jou rug in ‘n reguit lyn.

Vir dié toeklamp oefening moet jy ook eers jou dieper maagspiere aktiveer, dan jou boudspiere saamtrek en dan letterlik net jou een knie optrek sonder om enigsins jou heupgewrig oop te maak, of jou rug te draai.

Hier is nog ‘n voorbeeld van die toeklamp- oopklamp oefening.

 

Doen ook die vier strekke voor en nadat jy geoefen het.