Die Barbier van Legends Barbershop


Sheldon Tatchell, eienaar van Legends Barbershop.

Die eerste Legends Barbershop is in 2011 begin maar na verskeie terugslae het die eienaar Sheldon Tatchell eers in 2014 regtig begin vordering maak met sy idee en konsep vir ‘n unieke barbershop in Suid Afrika.

Hy het uit sy werk in die bankwese bedank om sy droom te volg en vandag het hy meer as 16 Barbershops regoor die land.

Legends Barbershop se mobiele eenheid

Legends Barbershop is die enigste barbershop in Suid Afrika met ‘n mobiele bus wat jy kan bespreek om jou hare by jou huis te sny. Talle Bekendes maak van die mobiele diens gebruik.

Barbier Franklin Karlse besig om Jody se hare te sny.

Binne-in een van die Legends Barbershop se barbierwinkels.

Ander aktiwiteite wat Legends Barbershop ook bied, is korporatiewe geleenthede, waarna die Legends Barbershop-span voortdurend uitgenooi word, en ook sosiale inklusiewe spanbou programme wat die span maandeliks doen.

Die Legendsspan is passievol daaroor om mense te dien en ‘n verskil in die gemeenskappe te maak. Gemeenskapsontwikkeling is ook ‘n groot deel van Legends Barbershop se besigehidsmodel en meeste van die barbers kom uit die gemeenskape wat hulle dien, vir baie van hulle het Sheldon en Legends Barbershop ‘n tweede kans in die lewe gegee.

Franklin Karlse, ‘n barbier by Legends Barbershop en Jody Hendricks.

In die dokumentêre program volg Jody Sheldon se reis van een barbershop in Eldorado Park tot vandag waar hy regoor die land barbershops besit. Ons hoor ook van sy vrou en van die barbers wie se lewe hy verander het.

Jody neem ‘n selfie in die Legends Barbershop

Binne-in die barbierwinkel

Vóór en ná: Dié jongeling is in sy skik met sy nuwe haarstyl.