Fiks vir die Lewe weer op lug


Dr Gustav Gous in die ateljee

Mense gaan deur die lewe met baie vrae oor hoe om sekere omstandighede wat op hulle pad kom, te hanteer:
– Hoe verwerk ek byvoorbeeld die selfdood van ‘n geliefde,
– hoe bestuur ek my emosies wanneer mense my kwaadmaak, of
– wat maak ek wanneer daar huwelikspanning in ‘n verhouding kom?

Hierdie is maar enkele onderwerpe wat interaktief bespreek word in die regstreekse RSG program: FIKS VIR DIE LEWE, Sondagaande net na die 7 nm nuusflitse. Die aanbieder, Phil Loots en sy gas, dr. Gustav Gous, hanteer aktuele onderwerpe op ‘n praktiese manier en reageer op luisteraars se terugvoer per SMS’e, eposse,en wattsap.

Luister na 2 klankgrepe:

Phil Loots (regs) aanbieder van Fiks vir die Lewe, saam met Bobby van Jaarsveld.

Die terugvoer van luisteraars is baie bemoedigend soos bly uit enkeles daarva:

  • “Ek is ‘n maatskaplike werker en het gisteraand na Fiks vir die Lewe geluister maar kon nie alles neerskryf nie. Ek werk met kinders, ouers en families. Ek wil net weet of u asseblief vir my die inligting kan stuur sodat ek mook ander kan help.”
  • “If more South Africans could think like you, we had a winning recipe,”
  • “Dankie Phil en Gustav …geniet die program elke Sondagaand … insiggewend … dankie!”
  • “Program was so bemagtigend met al die voorstelle wat genoem is. Dankie, dankie!”
  • “Uitstekend. Die totale lewensfilosofie in ‘n halfuur vasgevat terwyl mense jarelank hiermee kan worstel.”
  • “Baie dankie … Sondagaande is die hoogtepunt van ons week om na Fiks vir die Lewe te luister … pitkos vir ons siel.”

Dr Gustav Gous en Phil Loots in die ateljee.

Van die onderwerpe wat reeds hierdie jaar bespreek is, was:

  • Hoe herstel ek afgebreekte brûe tussen my en ander?
  • Hoe vertrou ek mense wat my teleurgestel het?
  • Hoe bestuur ek my emosies?
  • Naby dood ervarings

Fiks vir die Lewe poog om mense toe te rus vir elke dag se uitdagings en hulle lewensvrae te beantwoord op ‘n eenvoudige en praktiese manier.