Antwoorde op vrae oor COVID-19

Nog nooit het ek so baie fopnuus, vals aansprake en wilde stellings teëgekom soos oor hoe die siekte COVID-19 en die virus Sars-CoV-2 werk nie. Ook het ek nog nie so baie menings, sienings en verskille oor inperkingsbenaderings, oor die ontleding en die betekenis van die syfers en die impak van die virus en alles wat die enkele virus omgewe, beleef nie. Ek probeer my pad vind na die feite. Wat moet jy onthou en doen, en waarvan moet jy liefs vergeet? Hier is die beste antwoorde op vrae wat ek uit talle onderhoude met mediese spesialiste en wetenskaplike kundiges saamgestel het. Waar kom die virus vandaan? Hoewel daar baie teoriëe en stellings rondvlieg dat dit ‘n mensgemaakte virus is wat doelbewus uit die P4-laboratorium in Wuhan vrygelaat is of dat dit per ongeluk uit die instituut ontsnap het, is … Continue reading Antwoorde op vrae oor COVID-19