SDA Gewigsverlies eetplan weke 1 – 6


Gewigsverlies eetplan

Opsie#1- Skud-dit-af#1  – opgestel deur dieetkundiges van NICUS (Voedingsinligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

Nota: Capers is toe al die tyd kappertjiesaad en nie kuipers nie. Dis toe plantaardig en nie visserig nie!
SDA1, Week 1

SDA1 Week 2

SDA1 Week 3

SDA1Week 4

SDA1 Week 5

SDA1 Week 6

 

Opsie#2 – Skud-dit-af#2Effe strenger

Mari Hudson het saam met geregistreerde dieetkundige Annchen Weidemann gespan om ‘n gewigsverlies-eetplan aan luisteraars te bring. Die nuutste navorsingsbeginsels word toegepas.

SDA2 Week 1

SDA2Week 2

SDA2Week 3

SDA2Week 4

SDA2 Week 5

SDA2 Week 6

Wat is ‘n vastrap-dag?

VASTRAP Donderdag: probeer so min moontlik kilojoules inneem (niks meer as 2000kJ vir die dag nie – hoe minder hoe beter. – baie vloeistof asb.)

Donderdag se vastrap: nie geskik is vir mense wat Diabetes het, swanger is, borsvoed of  erstige chroniese siekte toestande het nie.

Diegene wat laktose onverdraagsaam is of allergies vir suiwel is, kan die melk en jogurt vervang met soja produkte.

Waarom ‘n vastrapdag?

Daar is baie goeie navorsing wat wys dat vas vir twee dae ‘n week (alternate day fasting ; intermittent fasting) tesame met ‘n matige energie beperkte dieet (verkieslik) of die persoon se normale dieet sonder beperkings dieselfde of selfs beter resultate lewer as die standaard energie beperkte dieet oor 7 dae. Beide diëte verbeter metaboliese merkers soos insulien vlakke, cholesterol, bloeddruk, leptien en ander. Daar is tog heelwat opgewondenheid oor die effek van vas wat ‘n hormonale kaskade veroorsaak wat baie effektief is vir veral insulien weerstandigheid.

  • Eet so min moontlik van woe nag 12h00 tot Vry ogg ontby en volg dan weer vry se plan. Drink so veel moontlik (water, tee, koffie (beperk tot 4), dieet koeldrank)
  • 500 ml vetvrye melk – vir tee en koffie
  • 500 ml vetvrye jogurt – maak ‘n smoothie met die vrug
  • 1 porsie vrugte – gebruik vir smoothie
  • 4 porsies groente van 80g elk
Die volgende groep groentes is vry en kan ingeneem word in onbeperkte hoeveelhede :
broccoli sampioene
blomkool kool
murgpampoen eiervrug
groenbone tamatie
brusselse spruite blaarslaai
komkommer soetrisssies
skorsie spinasie
uie seldery
  • – maak ‘n slaai vir aand (baie groen blaargroente, tamatie en vry groentes)
  • Tee en koffie met vetvrye melk sonder suiker.

Deur Marí Hudson

© Mari Hudson