Die nuutste in borskanker diagnose en behandeling

Het jy geweet daar is vier hoofgroepe borskanker, en dat elke soort borskanker se DNS verskil van jou eie DNS? Kankerspesialiste gebruik nou dié inligting om die beste behandeling vir elke kankerpasiënt uit te werk. Marí Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Rika Pienaar, ‘n onkoloog, oor die jongste metodes om borskanker te diagnoseer en te behandel. Dr Pienaar verduidelik watter toetse verder gedoen word nadat die fynnaald biopsie positief was vir kanker. Sy verduidelik ook wat ‘n kankerspesialis uit die volgende toetse wys kan word en hoe die DNS van die borskankerselle die behandeling kan bepaal. Ons kyk ook na die insidensie, waarom dit hoog is onder sekere rasse (dis baie laer in swart vroue) en waarom borskanker aan die toeneem is. Laai Af (23 937KB) Teken in met iTunes Luister Vir agtergrond, kyk na dié inligting van ‘n vorige … Continue reading Die nuutste in borskanker diagnose en behandeling