Traumadokters: Hoe neem hulle besluite in ‘n trauma-eenheid?


Hoe besluit ‘n traumadokter watter beseerde om eerste te behandel? Wat doen hulle eerste om ‘n lewe te red? Watter skade kan ‘n koeël aanrig? Hoe kan ‘n traumadokter se goeie sesde sintuig ‘n lewe red? Kan die goedbedoelde hulp van ‘n leek op ‘n ongeluksterrein meer skade berokken?

Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, gesels met Prof Elmin Steyn (foto links), hoof van chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal en ‘n ervare trauma-chriurg en ook nieroorplantingschirurg, oor dié aspekte van beserings en mediese ongevalle.

Luister hier na die program.

Van die vrae wat beantwoord word, is:
1. Moet ‘n leek ‘n beseerde help op ‘n ongelukstoneel?
2. Kan ‘n leek meer skade aanrig as wat hy besef as hy nie opgelei is in noodbehandeling nie?
3. Wat is die enkel belangrikste ding wat ‘n lewe kan red?
4. Hoe besluit dokters watter pasiënte met beserings of mediese ongevalle moet eerste behandel word?
5. Wat is triage?
6. Wat beteken dit om as rooi, geel of groen geklassifiseer te word en wat beteken die pasiënt is as blou geklassifiseer op ‘n ongelukstoneel of in die trauma-eenheid?
7. Hoeveel skade kan ‘n koeëlwond aanrig?

Hoe doen mens CPR?

Waar kan mens opleiding kry in hart-resussitasie (hartmassering/CPR) in Suid-Afrika?