Stamsel-oorplantings red só baie leukemie-pasiënte se lewens


Stamselle

‘n Beenmurg-oorplanting (eintlik ‘n stamsel-oorplanting) kan iemand met ‘n sekere soort bloedkanker (leukemie) se lewe red.

Hoe werk dit? Vir watter pasiënte kan dit help? Waarom word beenmurg gebruik om kanker van bloedselle te behandel? Wanneer word skenker-beenmurg gebruik en wanneer die pasiënt se eie beenmurg?

Marí Hudson praat met prof. Vernon Louw, hoof van kliniese hematologie van die Universiteit van Kaapstad, oor beenmurgoorplantings.

Interessante feite

Stamselle wat uit beenmurg verkry word, kan ontwikkel in enige witbloedsel, of in plaatjies of in rooibloedselle.

  • Om stamselle te skenk behels glad nie meer die proses om onder narkose selle uit die beenmurg te haal nie, maar bloot ‘n proses soortgelyk aan bloedskenking.
  • Stamselle wat ingeplant word, kan vanself die regte bloedselle vorm.
  • Die pasiënt se eie stamselle kan gebruik word in sekere gevalle, terwyl skenker-stamselle in ander gevalle benodig word.

Hoe kan jy ‘n beenmurgskenker word:

The SA Bone Marrow Registry

Die Sunflower Fund