Hy skud 80 kg af om te oorleef!


Willie Gagiano van Riebeeck-Kasteel was ernstig oorgewig. Hy was obees. Hy het 215 kg geweeg. Toe kry hy kanker, en die dokters sê hy moet gewig verloor sodat die behandeling kan begin, want slegs as hy minder as 150kg weeg, kan hy in die bestralingsmasjien pas. En voorwaar hy kry die byna onmoontlike reg: hy skud toe met groot selfdissipline, nuwe eetgewoontes en oefening, wat ‘n stapprogram ingesluit het, 80 kg gewig.

Willie Gagiano vertel op Oggend op RSG vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy drasties gewig moes verloor om kankerbehandeling te kan ontvang. Die oefengogga het gebyt, en 24 maande is hy 80 kg ligter en gesonder. Hy is hy deesdae ‘n bekende by padwedlope. Hy het al vier 21 km padwedlope voltooi en een 30km padwedloop.

Op 215kg was Willie nie ‘n gesonde man nie. Inteendeel.

Maerder en gesonder!

Oefening het deel van Willie Gagiano se lewe geword.

Baie gewig verloor, baie medaljes en beter gesondheid gewen!

Aan die beweeg! Willie weeg nou 137 kg en oefening is deel van sy lewe.