In die spore van Griekse held: 246 km in 36 uur


Arthur Moore, ‘n prokureur van Kuilsrivier en op sy dag ‘n potjierol, was vanjaar een van slegs 400 genooide atlete wat aan die Spartathlon 2018 deelgeneem het.

Arthur Moore vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy ervaring by die Spartathlon, ‘n 246 km ultramarathon, wat binne 36 uur voltooi moet word. Die roete is tussen Athene en Sparti, die moderne dorp waar die antieke Sparta was. Arthur was een van 400 internasionale atlete wat genooi is om vanjaar deel te neem.

Agtergrond
Die Spartathlon is ‘n geskiedkundige ultra-marathon wat elke jaar in September in Griekeland aangebied word. Dit is een van die moeilikste, maar ook mees bevredigende, ultra-marathons in die wêreld danksy die ren se unieke geskiedenis.

Die Spartathlon laat die roete wat Pheidippides, ‘n ultra-marathon atleet van Athene wat in in 490 VC, lank voor die slag van Marathon, na die antieke stad Sparta gestuur is om hulp te soek in die oorlog tussen die Grieke en die Perse. Volgens die antieke Griekse historikus Herodotus, het Pheidippides die dag nadat hy uit Athene vertrek het, in Sparta aangekom.

Die standbeeld van Pheidippides op die roete tussen Athene en Sparti

Sedert 1984 Die Internasionale Vereniging “Spartathlon” is in 1984 gestig, en het sedertdien elke jaar in September – die maand wat Pheidippides volgens Herodotus na Sparta gehardloop het – die resies aangebied. Die gedagte van die resies het onstaan by John Foden, ‘n Britse RAF vlieënier, wat begin wonder het of die moderne mens die afstand van 246 km tussen Athene en Sparta binne 36 uur kan aflê.

Die wedloop word beskryf as een van die strafstes omdat dit oor ruwe terrein en modderpaaie strek en dit dikwels tydens die wedloop reën. Dit gaan ook deur wingerde, olyfboorde en steil heuwels kronkel, maar die moeilikste deel is om in die middel van die nag 1200 te klim om Mount Parthenio te bestyg en dan weer te daal. Dit is op hierdie berg – vol rotse en bosse – waar Pheidippides volgens oorlewering die god Pan ontmoet het.

Meer inligting

Inligting oor die wedloop verskyn op hulle webtuiste: https://www.spartathlon.gr/en.
Lees ook: the-real-pheidippides-story

Hiermee ‘n paar foto’s van RSG luisteraar Arthur Moore, se Spartathlon 2018. Hy was een van 400 genooide atlete wat aan die Spartathlon 2018 deelgeneem het.