Jody bak broodjies in grendeltyd


Daar is allerhande talente van omroepers wat na vore gekom het hier in die grendeltyd, veral aan die begin toe niemand eintlik veel mag rondbeweeg het buite die huis nie. Hier is wat Jody Hendricks gedoen het. Hy skryf self:

Alhoewel ek steeds werk, het ek wel gedurende die inperking probeer fiks bly deur tuis te oefen. Ek mis die gym baie.

My tuisoefening sluit nou ook in om te kook, te knie en te bak. Ek kook gereeld, maar het 20 jaar laas gebak. Ek het as student vir ekstra geld by ‘n bakkery gewerk waar ek brood en ander lekkernye geleer bak het.

Met #lockdown 2020 het ek nou weer probeer bak. Ek het sommer met brood begin. Die proses en tegniek van brood knieg het ek sommer weer maklik gekom. Dit is soos om na jare weer fiets te ry.

Die brood het lekker geproe, ek dink dit is as gevolg van my spesiale bak metode, deur dit net vir 45 minute te bak teen 180 grade.

Dit sal dan nog sag wees van binne en goudbruin van buite. Soos dit op die foto lyk.

Bly tuis, kook en bak en wees veilig.

 

 

Jody se broodjies