Jou totale daaglikse porsies


Die gemiddelde mens behoort die volgende kossoorte en porsies te eet, met een vastrapdag elke week of elke tweede week vir diegene wat gewig wil verloor.

1. Eet 2 –4 vrugte per dag (een porsie = gebalde vuis/tennisbalgrootte. (Diabete moet dit met hul dieetkundige uitklaar.) (Groen mandjie)
2. Alle soet lekkernye en suiker, en soet gaskoeldranke, koeldranke en vrugtesappe is in die rooi mandjie. (Rooi mandjie)
3. Eet minstens een porsie groen groente per dag. (Groen mandjie)
4. Eet 2 porsies proteiene per dag, waarvan minstens 1 – 5 keer per week ‘n porsie vis, veral donkerkleurige vis. (Geel mandjie) en minstens 1 – 4 keer per week ‘n porsie hoender (Geel mandjie) en beperk jou porsies rooivleis tot nie meer as drie keer per week.
5. Eet 4 porsies stysel/koolhidrate per dag (Geel mandjie)
6. Eet/drink 3 porsies suiwel per dag (Geel mandjie)
7. Eet 5 keer per week ‘n rooi of pers groente of blomkool (Groen mandjie)
8. Maak seker jou bord is halfpad vol groente, nie meer as een-kwart vol stysel nie en nie meer as een-kwart vol vleis of ander proteïne nie.
9. Beperk jou vette tot 6 teelepels per dag en kies eerder olyfolie, kanola-olie, avo’s, sonneblomolie, druiwepitolie, vis ryk aan omega-3 vette soos makriel, tuna, salm, forel and sardyne as diervette, of klapperolie (Oranje mandjie)
13. Beperk jou alkohol-inname tot maksimum 1 sopie per dag vir vroue en 2 per dag vir mans. (Oranje mandjie)

Dus lyk jou totale daaglikse inname as volg:

2-4 vrugte (Vrugte porsiegrootte en uitruillyste)
1 x groen groente, 1 x koolgroente, 1 x rooi/pers groente, 1 x geel/oranje groente (wat ook tel as half-koolhidraat)(Groente porsiegroottes en uitruillyste)
2 (3 vir grootgeboude mans) x proteine (Proteïen porsiegroottes en uitruillyste)
6 x teelepels vette/olies (wat verskuilde vette en olies in alle ander kossoorte insluit) (Vette/olies porsiegroottes en uitruillyste)
3 x suiwel (Suiwel porsiegroottes en uitruillyste)
4 x koolhidrate (wat groente soos aartappels, mielies, patats en hefte van wortels en pampoen insluit) (Koolhidraat porsiegroottes en uitruillyste)

Dus skematies:

 

As jy hierdie porsies verdeel in drie maaltye plus twee versnaperings kan
jou ontbyt as volg lyk:

 

Dus skematies kan jou hoofmaal as volg lyk:

Jy kan dus jouself voorstel dat jou hoofmaal-bord een helfte met groente gevul is (slaai ingesluit), een kwart met vis/hoender/rooivleis of enige ander proteïen, en een kwart met rys/aartappel/pampoen/koring of enige ander stysel.



Dus skematies kan jou ligte maaltyd as volg lyk:

 

 

Dus skematies kan jou versnaperings as volg lyk: