KOLA-20 Week 3


Hier is Week#3 van ons KOLA-20 (Kom Ons Lewe Anders-20) Aksieplan.

Nota van Mari
Ek moet sê ek kan nie wag dat 1 Junie aanbreek en ‘n mens enige tyd van die dag kan stap, draf of fietsry nie.

Sitrusboorde

Ek is steeds op Kirkwood in die Sondagsriviervallei. Die plukseisoen is in volle swang, en die plukkers dra maskers en staan reg telkens wanneer die hande skoon gespuit moet word. Dis interessant hoe die gewilde variëteite sitrus oor die jare verander het. Sitrus met ‘n sagte skil wat ook redelik maklik afskil, is nou gewild terwyl ons destyds slegs ‘n paar minneola-bome (wat nou reeds ook weer uit die mode is) op die plaas gehad het. Die boere moet aanplant en verander soos die aanvraag verander. Dis kophou en byhou en dol tydens pluktyd. Maar dis wonderlik om tussen die boorde en met die reuk van sitrus te kan stap.
Dis hier ook nou vrekkoud en mens kan die sneeu dieper die binneland in op die skraal windjie voel. En juis daarom is dit ‘n verligting om van Maandag af op die warmer dele van die dag, jou oefenskoene te mag aantrek.

Sitrus gereed om gepluk te word

Baie dankie vir die mede-Kola’s wat my laat weet het hoe dit gaan en foto’s gestuur het aan gesond@rsg.co.za.

Ek deel twee van die briewe met jou.

Een van die inspirasie-eposse is uit die verre België. Terry Van Oostveldt van Kessel in België laat weet hoe sy die grendeltyd gebruik het om gesonder te lewe. Sy skryf:

‘n Voetpaadjie buite Kessel, waar dit Lente word.

“Hallo,

Ons in Belgie het seer swaar gekry met oor 9000 dode. Van by ons inperkinge het ek begin stap, elke oggend 10.000 tot 12.000 stappe.
Ek het nou tyd vir soep maak en bak sonder suiker – ek werk nou by die huis, geen verlore ure se ry meer.
En kyk : 9 weke later het ek drie kilo verloor en goede hoop op nog…
Ek is vinniger en voel gesonder.

Dankie vir julle aanmoedigings

Bly gesond sodat ek julle nuusbrief kan bly geniet

Vriendelijke groeten

Terry”

Stappie in Franschhoek

Ronelle Pinard van Franschhoek in die Wes-Kaap skryf:

“Dankie vir die Kola-20 inisiatief en nuusbriewe. Ek is dankbaar daarvoor.

Ek heg fotos aan van ‘n paar wandelpaaie in ons mooie Franschhoek, waar ek en my twee hondekinders soggens nou al gestap het sedert Fase 4 grendelstaat ingeskop het … sulke lieflike oggende! Ons stap van 8:00 tot so 8:45.”

Stappie in Franschhoek

Stap in Franschhoek met twee hondekinders.

Vir die laatkommers

Dis nooit te laat om te begin nie, en daarom het ons die datums by die weke verwyder. Jy kan enige week begin, maar skop dan af by Week 0.

Klik hier vir meer inligting oor KOLA-20 en om jou doen-lysie te sien van Week 0 te sien.

Klik hier vir Week#1

Klik hier vir Week#2

Teken hier in op die weeklikse RSG Gesond nuusbrief om elke week se KOLA-20 plan te kry.

Ons wil hoor hoe dit met jou gaan:
Skryf oor jou ervaring, hoe jy oefen, waaroor jy wonder of jou wenke aan gesond@rsg.co.za

Laai ‘n foto waar jy oefen of jou gesonder eetgewoontes op ons Ooggetuie blad.

Week#3

Week#3 Kopplan

Oefen, nie net vir jou lyf nie, maar vir beter breinvermoë.

Soos wat nuwe spierselle en mitochrondria in die selle geskep word met oefening, so word nuwe breinkapasiteit geskep. Nuwe spierselle lei tot die bou van nuwe breinbane wat dit makliker maak om te leer, konsentreer en te onthou. Oefening is inderdaad ‘n baie belangrike faktor om mense te help om nuwe dinge aan te leer en vir beter konsentrasie. Veral interval-oefening, waar mens die tempo en intensiteit afwissel – dus stadiger, dan vinniger, weer stadiger en weer vinniger en so meer – is die beste.

Week#3 Oefenplan

Oefen minstens 4 keer per week. Wissel jou spieroefeninge af met die kardiovaskulêre oefeninge of
jy kan ook elke dag alles doen, solank jy darem twee keer per week spieroefeninge doen en twee keer per week kardiovaskulêre oefening.

Spieroefeninge: Herhaal week 1 se spieroefeninge, maar doen 3 stelle van elke oefening pleks van een. Alles gaan steeds oor jou ‘Core’ spiere.

Onthou die beste oefening vir die kernspiere is oefening met klein, maar baie spesifieke bewegings. As jy op jou rug lê, maak seker dat jy jou rug in die oefenmat indruk sodat jou rug nie hol is nie. Sit jou hande oor die onderste deel van jou maag, en trek daardie diep onderste maagspiere saam.

Klik hier om jou kernoefeninge te sien.

Strekke: Doen ook dié vier strekke voor en nadat jy jou spieroefeninge en kardiovaskulêre oefeninge gedoen het.

Kardiovaskulêre oefening:
Hou by die program en moenie probeer om vinniger te vorder nie. Deur elke tweede dag te stap of te draf gaan jy vinniger fiks word as om elke dag te draf, want jou liggaam het tyd om te herstel. Boon-op is jou kans op beserings baie minder.As jy stap, stap 20 min per sessie.

Minute 1 – 4: Stap teen ‘n matige intensiteit (Intensiteit 3 = 50% van jou maksium hartspoed). Dit is sowat een rondte om ‘n voetbalveld of om ‘n straatblok baie gemaklik stap.

Vir stap: Minute 5 – 30: 4 x [5 minute flink stap ( Intensiteit 4 = 75% van jou maksimum hartspoed), 1 minuut teen Intensiteit 3) sodat jou hartklop versnel. Stap die laaste 2 minute matig. [Totale flink stap = 20 min]

Vir draf: Minute 5 – 29: 8 x [2 minuut flink stap @75%Max; 1 minuut draf @ 75%Max.] Stap laaste minuut matig vir afkoel. [Totale draftyd = 8 minute]

Jy kan die drafsessies op een slag doen, of dit spasieer soos aangedui. Jou asemhaling is jou gids van hoe vinnig jy mag stap of draf en hoe lank jy kan aanhou, want jou asemhaling moet altyd lank en egalig wees as jy gemaklik stap, maar tydens die flinkstap of drafsessies moet jy darem begin sweet en effe uitasem raak, maar nooit so uitasem dat jy glad nie asem het om nog oefenmaat te praat nie. Moenie probeer om vinnig te draf nie of so vinnig te stap dat jy nie eens kan gesels nie.

Jy sal verras wees om te voel hoe jy al langer ente kan draf of flink kan stap. Begin altyd jou oefensessie met 4 –5 minute se gemaklike stap om op te warm, en versnel dan die pas. Jy kan aanvanklik die draf/flinkstap gedeeltes onderbroke doen, en later aaneen. As jy nie minstens drie van jou week se sessies kon voltooi nie, herhaal daardie week se oefenplan.

Jy kan die intensiteit van jou oefening op een van twee maniere bereken:
A. Op grond van hoe jy voel
B. op grond van jou hartspoed.

NB: ‘n Uiteensetting van hoe jy jou intensiteit van oefening bepaal op grond van jou gevoel en op grond van hartspoed.
Lees meer hieroor: http://www.mayoclinic.org/healthy-lifestyle/fitness/in-depth/exercise-intensity/art-20046887

Let op na jou stappostuur

Wat is die regte manier om te stap?: Klik hier vir die verduideliking.

Wat is die regte manier om te draf? Klik hier vir die inligting.

Hier is nog inligting: https://www.runsociety.com/highlight/back-to-basics-proper-jogging-and-running-techniques/

Week#3 Eetplan

Eetplan#1
Jy implimenteer elke week se veranderings vir die res van die program (en jou lewe) en eet buiten vir die veranderings, steeds soos wat jy gewoonlik geëet het. As jy oefening doen, saam met die eetplan, gaan jy nie net makliker gewig afskud nie, maar jy gaan beslis meer gemotiveerd wees om gesonder te eet.

Die eetplan is gesond vir alles mense, ook vir kinders, mense met hartprobleme, met bloedvatprobleme, hoë bloeddruk, artritis en so meer. Dit is meestal reg vir alle diabete, buiten waar ons aandui waar ‘n diabeet liefs dit met sy/haar dieetkunidge moet uitklaar.

Ons gaan rofweg kosse in drie mandjies verdeel: rooi, geel en groen (daar gaan later nog mandjies bykom, maar eers later meer hieroor).

Die rooi mandjie kosse = jou een-maal-per-week-kosse. Ons gaan minder van die kosse eet en dit bêre vir een maal per week. Ons verbied niks, ons sê net stadig oor die klippe.
Die geel mandjie kosse = kosse wat jy gereeld kan eet, maar nie noodwendig elke dag nie, of wat jy nie moet oordoen nie.
Die groen mandjie kosse = kosse wat jy elke dag behoort te eet.

In week#3 maak ons twee verdere veranderings:

1. Eetplan#1, week#3

Dis tyd vir ‘n vissie
Maak seker dat jy minstens een keer per week (verkieslik 3 keer per week) ‘n lekker porsie gebraaide/geroosterde vis (nie vis wat in ‘n deeg en olie gebak of gebraai is nie) eet. Vis met ‘n donker kleur is die gesondste omdat dit ryk is omega-3-vetsure, wat help teen depressie, vir beter konsentrasie, en baie organe help om beter te funksioneer. Die gemiddelde mens kry hopeloos te min omega-3-vetsure in. Visse met die meeste omega-3-vetsure is makriel, tuna, sardiens, salm en forel. ‘n Blikkie sardientjies, veral dié in ‘n tamatiesous, is werklik soo gesond. Leer die gewoonte aan om so gereeld as moontlik vis te eet.

1 Porsie vis = so groot soos jou handpalm in grootte en dikte.

Dis aanbeveel vir alle mense.

Eintlik moet vis in die elke-dag groen mandjie gepak word, maar ons pak dit in die geel mandjie. Mens kan ook mos nou nie van vis alleen leef nie. Ons moet ‘n plekke oophou vir ‘n tjoppie of so-iets.

Geroosterde salm

Sardientjies

Makriel

Tuna

Onthou: Jy sit die veranderings van Week#1 en Week#2 voort:
1. Eet 2 –4 vrugte per dag (een porsie = gebalde vuis/tennisbalgrootte. (Diabete moet dit met hul dieetkundige uitklaar.)

2. Alle soet lekkernye en suiker, en soet gaskoeldranke, koeldranke en vrugtesappe is in die rooi mandjie.

3. Eet minstens een porsie groen groente per dag.

2. Eetplan#2, Week#3

As jy verkies om ‘n spesifieke voorgeskrewe eetplan te volg, kan jy die Skud-dit-af eetplan volg wat deur geregistreede dieetkundiges ontwikkel is.

Opsie#1- Skud-dit-af#1 – opgestel deur dieetkundiges van NICUS (Voedingsinligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)
Nota: Capers is toe al die tyd kappertjiesaad en nie kuipers nie. Dis toe plantaardig en nie visserig nie!
SDA1 Week 3

Opsie#2 – Skud-dit-af#2Effe strenger
Mari Hudson het saam met geregistreerde dieetkundige Annchen Weidemann en Annaret gespan om ‘n gewigsverlies-eetplan aan luisteraars te bring. Die nuutste navorsingsbeginsels word toegepas.
SDA2Week 3

Saamgestel deur Marí Hudson