Wilde woeste slaai/aandete


RSG luisteraars hou van kosmaak. Tjailatyd se Wilde Woeste slaai het almal aan die praat gehad – dis maklik om te maak, gesond en smullekker.

Wilde Woeste slaai

Porsies: 4

Bestanddele

150 ml wilde rys
150 ml bruinrys
600 ml hoenderaftreksel
botter of olie
3 teelepels droë gemengde kruie
1 pakkie sampioene, gekap
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 rooi soetrissie, gekap
3 teelepels roosmaryn, gekap
1 pakkie murgpampoentjies, gekap
2 stingels seldery, gekap
1 bossie grasuie, gekap
1 koppie spinasie, gesnipper
20 ml suurlemoensap
30 ml sojasous

Metode

Week rys vir ‘n uur in water.
Dreineer die water en voeg die aftreksel by.
Kook in mikrogolf vir 20 minute tot sag.
Braai die sampioene, knoffel, soetrissie, murgpampoentjies, seldery en kruie saam.
Voeg dit by die gaar rys.
Voeg die grasuie, suurlemoensap en sojasous by.
Meng goed.
Bedien met spinasie bo-op.

Onthou om ons ander resepte op die RSG webwerf op te kyk.