Haidee kuier by Dep, die melkman van Kasselshoop


Haidee was onlangs op die plaas, Kasselshoop naby Stilbaai, waar sy Dawid “Dep” Oktober ontmoet het. Dawid beman die melkstal reeds 25 jaar lank. Haidee het leer koei melk en gaan loer hoe Dawid die kalwers voer.

Kon Haidee uiteindelik ‘n koei gemelk kry? Kyk die video en sien self.

Luister na die onderhoud:

Haidee was al om agt die oggend in die melkstal, slaggereed om te leer koeie melk.

Dawid “Dep” Oktober beman die melkstal op Kasselshoop reeds 25 jaar lank.

Hierdie kalfie is net 1 week oud. Hulle kry 2 keer per dag koeimelk uit bottels wat Dawid hulle self soggens en saans voer.

Dawid heg die bottel aan ‘n kontrepsie deur die draad van die kalwer-kampie, sodat die week-oue diere self daaruit kan drink.

Die koeie se spene word deesdae aan melkmasjiene gekoppel.