Die Nobel-vredespryse word híér oorhandig
Die Nobelvredesprys is een van 5 Nobelpryse wat jaarliks toegeken word. Die Sweedse industrialis en uitvinder Alfred Nobel het die inisiatief in 1895 begin en die eerste prys is in 1901 oorhandig. Die pryse word in Stockholm in Swede oorhandig, behalwe die Vredesprys wat in die Noorweegse hoofstad, Oslo, gebeur.
Die gesogte prys is al die meeste keer, nl. 3 maal, aan Die Rooikruisvereniging toegeken, maar Suid-Afrika blink self uit met 3 toekennings aan 4 Suid-Afrikaners. 1960: Hoofman Albert Luthuli. 1984: Aartsbiskop Desmond Tutu en 1993 Presidente FW de Klerk en Nelson Mandela.
Johan Rademan kuier Saterdag op Reis sonder Grense in die Noorweegse hoofstad, Oslo by die Nobelvredesprys Sentrum en Raadsaal waar die oorhandigingsseremonie op 10 Desember elke jaar plaasvind. Luister gerus na uittreksels van die 4 Suid-Afrikaanse Nobelvredesprysontvangers.

Die imposante ingang van die lokaal waar een van die gesogste pryse ter wereld, Die Nobelvredesprys, in Oslo oorhandig word.

Die lewensgeskiedenis van die Nore word met manjefieke fresco’s uitgebeeld in die Nobelvredesprys raadsaal in die Noorweegse hoofstad, Oslo.

‘n Gewyde stilte heers in die vertrek waar die Nobelvredesprys ontvangers gehuldig word in die Alfred Nobelvredespryssentrum.

1960: Hoofman Albert Luthuli word die eerste van 4 Suid-Afrikaners wat die Nobelvredesprys in die Noorweegse hoofstad, Oslo, ontvang.
