Selfopgeleide pianis Wilan tokkel klawers in Art Deco hotel


Die Verenigde Nasies se Wereld Toerisme Organisasie (UNWTO) se navorsing waarby 54 lande geakkrediteer is dui daarop dat 1 uit elke 11 werksgeleenthede verband hou met toerisme.

Die globale Bruto Binnelandse Produk (BBP) raak-raak aan 10%

Globale toerisme het 60 jaar gelede afgeskop met nagenoeg 25 miljoen toeriste aankomste, vandag strek die getal oor die 100 miljoen en teen 2030 word ‘n allemintige 1,8 miljard toeriste-aankomste wereldwyd voorspel. Die vloei en patrone van reisigers wissel na gelang van trends, rampe, oorlogbedreigings en talle ander faktore, maar Suid-Afrika bly ‘n aanloklike bestemming.

Johan Rademan het met PJ Basson, wat gereeld internasionale toerisme-skoue bywoon, gesels en in Montagu, waar hy werksaam is, gaan uitvind dat die dorpie op die R62 met sy 10 000 inwoners 675 vaste betrekkings bied in die toerisme-sektor op Montagu. Baie beroepe dink ‘n mens nie eers aan nie – skoonmakers, tuiniers, terapeute, sjefs, opsigters, verwers, wassers enselfs iets soos ‘n klavierspeler.

Op Montagu is Wilan Temani die plaaslike selfopgeleide pianis wat deedae op ‘n vaste basis in die restaurant van die hotel speel. Sy ma, Katie, wat in die 2 000 oorlede is, het by die hotel gewerk. As klein seuntjie het Wilan soms saam met sy ma hotel toe gegaan en handjie bygesit. Wilan vertel self sy storie en speel ‘n stukkie klavier.

 

Wilan Temani in die enigste Art Deco hotel in Suid-Afrika, op Montagu

675 permanente werksgeleenthede in ‘n gemeenskap van 10 000 inwoners in Montagu is afhanklik van toerisme

Die stoele moet deur toeriste gevul word

Personeel kry ‘n blaaskansie

Plaslik opgeleide terapeute

Kamerdienste?

Kyk en luister ook:

Die ontwikkeling van die Kaapstadse Waterkant is maar 30 jaar gelede begin en vandag is dit een van die grootste suksesverhale in die Suid-Afrika se toerismegeskiedenis.
25 miljoen mense het al die mees gesogte toerisme bestemming in ons land besoek. Die afgelope 3 jaar was dit die topbestemming in SA.
Die onlangse voltooing van die Silo-projek het die Terminaal verbind met die V&A Waterkant.
Die Internasionale aankoms en vertrek Toerismeterminaal by Kaapstadhawe word tans opgeknap en hoort teen Desember voltooi te wees.
Johan Rademan het met Andre Blaine, Uitvoerende-Bestuurder van Maritieme aangeleenthede gesels.

Andre Blaine(Uitvoerende-Direkteur Maritieme-sake en Johan Rademan staan hier op die eerste vloer van die Toerismeterminaal waar Panama Jack’s van Desember af met 220 stoele vir hul gaste kan spog. Nou nog ‘n spookrestaurant.

Andre, Johan Rademan,Deon en Donald besing die lifelike uitsig waar groot Internasionale Passasierskepe vasmeer in Kaapstadhawe

Die ontvangsvertrek in die Internasionale Toerisme Terminaal in Kaapstadhawe is eg Suid-Afrikaans bewoord.

Woorde wek, Voorbeelde trek…’n Eg Suid-Afrikaanse woordervaring by die Internasionale Toerisme aankoms-en-vertreksaal by Kaapstadhawe.

Fase 2 van die opknapping aan die Internasionale Skeepsterminaal vir reisigers in die Kaapstadhawe is volstoom aan die gang.