Toe trou Antie Koelsoem se dogter
Amore Bekker het Sondag die troue van die dogter van die Koelsoem Kamalie, bygewoon. Koelsoem geniet saam met Flori Schrikker, groot gewildheid omdat hulle so lekker kook.
Koelsoem het die pratgtige materiaal van die bruid se rok reeds in 1984 in Mekka gekoop.
Koelsoem vertel oor die materiaal en haar man, Osman, vertel oor hoe hy voel oor sy dogter wat trou.
Gadija se broer, Abdullah, vertel meer oor die Moslem huwelikseremonie:
Die seremonie het die oggend 9 vm begin met die bruidegom se kerkdiens, waar die kontrak in die moskee beklink is nadat die pa van die bruid en die pa van die bruidegom voor-af onderhandel het. Sodra die bruidegom die kontrak geteken het, en die bruid se broers dit ook onderteken het, is die huwelik beklink. Die aand het die bruidegom na sy onthaal vergesel en hy het haar weer na haar onthaal vergesel.

Van links: Osman en Koelsoem Kamalie (ouers van die bruid), Amore en Jamiela (Koelsoem se suster) en haar man Agmat.
Video’s:
Boodskap van Tannie Flori
Die Lied wat gesing word terwyl almal besig is om die bruid te groet. Sy is oppad na die bruidskamer.
