Vette/olies uitruilporsies


Mens het maar skaars 30g vette/olies per dag nodig, en dan bevat baie kossoorte nog verskuilde vette ook, soos suiwelprodukte.
Een porsie word beskou as so teelepel vol.
Dis in die oranje mandjie – omdat die gemiddelde mens meer as dubbel die hoeveelheid vette en olies inneem as waty hy nodig het.

Porsiegroottes en -uitruillys

Die maklikste manier om te onthou hoe groot ‘n porsie is, is om jou hand te gebruik. Die meeste porsies is so groot soos óf jou gebalde vuis, jou handpalm, jou duim of die voorste lit van jou pinkie. Op dié manier werk dit dan ook só dat groter mense se porsies groter is as kleingeboude mense.

Hier is ‘n eenvoudige lys van uitruilbare porsies in al die groepe. Dit is saamgestel deur NICUS (die Voedings-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

 

Voedselgroep Porsiegroottes
Vet en vet-

vervangers

(dink duim of pinkie-lit)

5ml olie
3 opgehoopte t. avokadopeer
3 opgehoopte t. grondboontjiebotter
10 olywe
10 grondbone, 5 ander tipe neute
2E slaaiolie (lae vet)
1t margarien
3 gelykvol t. lae-vet kaassmeer
4 gelykvol t. lae-vet mayonnaise of 1 opgehoopte t. gewone mayonnaise

Jy het maar skaars 30 g/ml vet per dag nodig – dit is 6 teelepels – die grootte van een vuurhoutjiedosie.

Daar is slegte vette en goeie vette.

Versadigde vette is slegte vette. Dit is hoofsaaklik diervette aan vleis, en botter. Stadig oor die klippe met hierdie vette. Mense wat Bant se bloedvetvlakke neem beslis toe. Daar dryf beslis meer vet in jou bloed rond, en daar is beslis ‘n groter kans dat hierdie vette saam met ander faktore jou bloedvate kan verstop en tot ‘n hartaanval kan lei. Dus, as die eerste stap, beperk diervette en klapperolie tot ‘n maksium van 10 gram per dag.

Maak seker jy neem eerder goeie vette as slegte vette in.

Goeie vette is mono-versadigde vette soos avokadopere en avo-olie, en poli-onversadigde vette.
Die beste vette en olies is dus avo’s en avo-olie (ook goed vir roerbraai ens), kanola-olie, olyfolie, sonneblomolie, visolie met omega-3-vetsure. Elke olie het ‘n ander ‘brandpunt’ waarteen dit in in ‘n gevaarlike verbinding verander, daarom moet olies nie oor en oor verhit word nie. Voorts moet lyfolie liefs nie verhot word nie, terwyl dit veilig is avo-olie te verhit. Gebruik olyfolie eerder in ‘n slaaisous.

Omega-3-vetsure is belangrik vir jou gesondheid en kom veral voor in vis met ‘n rooi of donker kleur soos tuna, makriel, sardyne, salm en forel.
Maar dit is die balans tussen omega-3 en omega-6 vetsure wat ook belangrik is; die mens kry reeds te veel omega-6-vette in en moet dus nie aanvullings neem wat omega-3 en -6 en -9 bevat nie, maar slegs omega-3.

Het jy geweet dat prof. Tim Noakes self baie min eet en glad nie oorboord gaan met vette nie. Lees en luister self.

Hoe word vet in jou bloed vervoer, wat is cholesterol en het dit ‘n effek op jou bloedvate? Lees meer.

Lees meer oor jou liggaamsvet en waarom die vet om jou organe so gevaarlik is.