Jou eerste 4 strekke


Stek-oefeninge is baie belangrik vir soepelheid en om spier- en ligamentbeserings te voorkom, of jy nou oefening doen of nie. As jy ure lank by ‘n lessenaar voor ‘n rekenaar sit, begin jou kop al meer soos ‘n kameelperd na vore te beweeg, en die spiere in jou keel word korter, en die in jou skouergordel en nek word styfer en strammer.

Strek-oefening beteken letterlik die strek van die spiere. ‘n Strek moet sowat 20 tellings gehou word sonder dat jy op en af bons. Jy moet die spier voel strek, maar nie strek dat dit pynlik is nie. Strekke kan vóór of ná oefening gedoen word, of vóór en ná oefening.

1. Knielende heupfleksor-strek vir stywe heupgewrigte
Die deel van die liggaam wat die maklikste styf raak, is die heupgewrig, en dié strek is een van verskeie heupstrekke  sal help om jou heupgewirg weer te mobiliseer en ‘oper’ te maak.

Swak en stywe heupgewrigte lei tot die verkeerde postuur.

In hierdie video verduidelik ‘n kundige wat skeef loop as jou rug te hol is en jou boude te veel na agter gestoot is.

Die heupfleksors moet liefs eers gestrek word voordat die bobeenspiere gestrek word. Maak dit ‘n gewoonte om elke dag jou heupe te strek.

Die video verduidelik presies hoe die strek gedoen moet word en watter foute om te vermy:

As jy nog ander heupfleksor-strekke wil sien, klik hier.

2. Hamstring-strek
Die dybeenspiere, die bobeen-spiere en kuitspiere het beslis strekking nodig as jy stap of draf omdat stappers en drawwers se bobeenspiere en veral die ‘hamstring’ geneig is om te verkort en dan word die beenspiere ongebalanseerd indien dit spiere nie gereeld gestrek word nie.

Beide die dybeenspier (hamstring) en voorste bobeenspier moet gestrek word.

Kyk eers hierdie video voordat jy met jou hamstring strekke begin, want dit bevat baie insiggewende inligting oor die posisie van jou pelvis en boude en gee dan ook die eerste strek.

Hier is nog hamstring-strekke.

3. ‘Quad’ strek vir die bobeen met jou tweede been gebuig
Die voorste bobeenspiere moet gestrek word, maar dit is ook belangrik om die reg te doen. In hierdie video verduidelik ‘n kundige presies hoe jy jou eerste ‘quad’ strek reg moet doen:

4. Skouergordel- en nek-strekke
Die skouergordel en nek kan ongelooflik styf raak van lang ure voor ‘n rekenaar. Al die spiere wat die kop regop moet hou, raak styf en gespanne. Dit is een van die algemeenste spierprobleme by mense wat in kantore werk en fisioterapeute het daagliks met hierdie probleme te doen.

Hier is enkele maklike strekke om jou nekspiere te strek en jou skouers weer ‘oper’ te kry. Maak een of meer van die strekke hierdie week deel van jou oefeningsplan: https://www.spine-health.com/conditions/neck-pain/neck-stretches

 

 

 

 

 

Deur Marí Hudson

© Mari Hudson