Vrugte uitruilporsies


Eet 2 – 4 porsies vrugte per dag.
Dis in die groen mandjie en ‘n kossoort wat jy elke dag behoort te eet.

Porsiegroottes en -uitruillys

Die maklikste manier om te onthou hoe groot ‘n porsie is, is om jou hand te gebruik. Die meeste porsies is so groot soos óf jou gebalde vuis, jou handpalm, jou duim of die voorste lit van jou pinkie. Op dié manier werk dit dan ook só dat groter mense se porsies groter is as kleingeboude mense.

Sorg dat jy genoeg vars vrugte in jou huis het, veral vars vrugte sodat jy minstens 2 vrugte per dag kan eet. Jy kan tot 4 vrugte per dag eet. (As jy ‘n diabeet is, beperk jou vrugte soos wat jou dieetkundige voorgeskryf het, want vrugte bevat weliswaar suiker, maar ons wil jou graag die gewoonte aanleer om vars kosse te eet.) Dink net aan die vars lemoene, nartjies, of ‘n pomelo in die oggend. Dan is daar natuurlik koejawels en heerlike ander wintervrugte.
Dus: vrugte is in jou groen mandjie = kosse wat jy elke dag behoort te eet.

Hier is ‘n eenvoudige lys van uitruilbare porsies in al die groepe. Dit is saamgestel deur NICUS (die Voedings-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

Voedselgroep Porsiegroottes
Vrugte

(dink gebalde vuis)

1½ k aarbeie 1 matige perske
1 medium appel 1 matige peer
4 appelkose 1 matige piesang
10- 12 korrels druiwe ½ pomelo
7 grenadellas 2 groot pruime
1 groot koejawel 4 ringe pynappel
1 matige lemoen 2 groot skywe spanspek
½ mango 1½ k vars vrugteslaai
2 matige naartjies 2 groot vye
1 k papaja 1 skyf waatlemoen