Wie het vitamien-aanvullers nodig?


Vitamiene en anti-oksidante hou ‘n magdom gesondheidsvoordele in en is noodsaaklik vir goeie gesondheid. Die beste manier om vitamiene en anti-oksidante in te neem, is deur daagliks voldoende (5 – 8 porsies) vars groente en vrugte te eet.

Baie mense drink handevol ‘natuurlike’ aanvullers, maar wie het vitamien- of mineraalaanvullings nodig?
Die volgende mense kan baat by aanvullers:

  • Mense wat aan uiterste stress blootgestel, ouer as 50 jaar is, osteoporose het, aan ‘n bewese yster- of vitamientekort ly, kan die spesifieke mineraal- of vitamienaanvuller neem.
  • Diegene wat nie daagliks 2 tot 3 vars vrugte en drie soorte groente (groen, geel, oranje groente of blaar- of koolgroente) eet nie, het waarskynlik ‘n vitamien B en C aanvulling nodig.
  • Mense wat antibiotika neem, veral tetrasiklien, kan baat by probiotika en multivitamien
  • Vroue op die PIL
  • Mense wat streng vegetariese diëte volg, het ‘n groter risiko om kalsium-, yster-, sink- en vitamien B12 tekorte te ontwikkel
  • Diegene met eetversteurings soos anoreksie, bulimie en so meer
  • Mense met melk-allergië wat makliker kalsium- en vitamien B-tekorte ontwikkel
  • Almal wat chroniese medikasie gebruik
  • Mense met spysverteringsprobleme
  • Kinders, tieners, swanger en borsvoedende vroue wat nie voldoende voedingstowwe inkry nie, veral tienermeisies wat kalsium- en ystertekorte ontwikkel omdat hulle uit vrees vir oorgewig nie voldoende suiwelprodukte inkry nie en vleis en vis vermy.
  • Swanger en borsvoedende vroue behoort almal ‘n foliensuur aanvulling te neem van 200 mikrogram per dag, en sy moet ook seker maak dat sy voldoende Vitamien C, B12 en B6, kalsium, yster, jodium en omega-3-vetsure inkry. Foliensuur-aanvullings kan tot 70% van spina bifida (oop rug) voorkom.
  • Mense wat rook, het dubbel soveel vitamein C nodig as nie-rokers
  • Diegene wat 2 of meer sopies alkohol per dag neem, behoort ‘n multivitamien te neem
  • Dié wie HIV positief is, kan ‘n daaglikse dosis probiotika en ‘n multivitamien neem
  • Kinders en volwassenes wat sukkel om te konsentreer, kan ‘n vitamien B aanvulling oorweeg.
  • Mense met swak immuniteit kan baat by probiiotika aanvulling
  • Almal wat meer as een keer per week diepgebraaide kosse eet.
  • Mense wat net bo die broodlyn leef
  • Diegene wie se dieet net uit ‘n enkele stapelvoedsel soos mieliemeel of witbrood of rys bestaan

Oppas: Waak daarteen om nie maandelank ‘n oormaat Vitamien A, D, E of K drink nie, want dit is vet-oplosbaar is en die lewer kan aantas. Groot hoeveelhede Vitamien A aanvullers kan ook tot geboortedefekte lei as swanger vroue te veel hiervan in die vorm van aanvullers inneem.