Leer ballet
Het jy al ooit ‘n balletklas bygewoon? Nou is jou kans.
Bernice Silvius (links) prima ballerina van Johannesburg Ballet (@JoburgBallet op #RSGfees op @zarsg) het die omroepers en luisteraars touwys gemaak.
Sy het die eerste tot vyfde ballet-posisies in die ateljee gedemonstreer en verduidelik. Die omroepers, wat nie almal ewe soepel is nie, het probeer bybly, maar hulle voete het soms geknoop.
Dit verg baie ure se daaglikse oefening en ysere disspline om ‘n professionele ballerina te wees.