Luister na die ‘Radio Awards’ wendrama ‘Sou die sterre luister’

Sou die Sterre luister is aangewys as beste radio drama by die jaarlikse radio toekennings. Skrywer: Lee Doubell Regisseur: Johan Rademan. Toekenning ontvang deur RSG se programbestuurder, Kobus Burger. Baie baie geluk!! Meer oor die drama RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word ‘n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman) en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Afrika skep die verhaal. Die drama is ‘n ode aan klank. Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Marissa Claasen, June van Merch, … Lees meer Luister na die ‘Radio Awards’ wendrama ‘Sou die sterre luister’