My mooi dorp: Jy hét baie magte


Die Sondagsriviervallei

My Mooi Dorp is ‘n splinternuwe program op radio.

Die program is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word.

Dit skop af op Saterdag 6 Maart en sal elke Saterdag 11:10 tot 11:30 top RSG uitgesaai word.

Probleme soos slaggate in paaie, besoedelde water, kragonderbrekings, onhigiëniese stalletjies, diefstalle, dwelmhandel, gebrekkige vervoerstelsels gaan aangepak word, want inwoners het baie meer regte as wat hulle dink.

Ons gaan jou bemagtig met inligting, jou help met raad en daad waar nodig. Ons gaan jou inlig oor presies watter stappe jy volgens die reg kan neem om jou dorp en jou gemeenskap goed te laat funksioneer en te laat floreer.

Ons gaan ook kyk hoe maatskaplike probleme, armoede, en gebrek aan opleiding aangepak kan word deur opleiding, bemagtiging en werkskepping.

Ons gaan nie net help om mooi en funksionele omgewings en dorpe te skep nie, maar bowen-al hoopvolle, samewerkende, bemagtigde, verantwoordelike, vooruitstrewende en gelukkige gemeenskappe.

En les bes, ons gaan mettertyd ‘n groot kompetisie aankondig om die dorp met die beste projek, asook die dorp met meer as een uitstekende projek aan te wys as die Renaissance projek van die jaar en die Renaissance dorp van die jaar.

Die program word aangebied deur Marí Hudson, ‘n boorling van die klein Oos-Kaapse dorpie Kirkwood, wat een van ons voorbeeld-dorpe sal word.

Ons werk ten nouste saam met en is deel van die nuwe NGO RenaissanceSA, wat apolities en insluitend is. Ons werk enige tyd saam met alle gemeenskappe en organisasies met dieselfde oogmerke. Ons neem nie ander projekte oor nie, ons kaap niks, ons help waar ons kan, trek die toue saam in dorpe en in die land.

 

My Mooi Dorp Ep 1,  6 Maart 2021

Die eerste program is ‘n oorsigtelike blik op dorpe in ons land.

Dr Petrus de Kock

Ek stel die doelwitte van die program bekend, gesels met Petrus de Kock, wat ‘n oorsig gee oor die stand van dorpe in ons land, en ek nooi dorpe om ons te vertel van hul suksesvolle projekte.

Vir meer inligting oor Petrus de Kock: buiteboer.co.za

Luister hier na die eerste uitsending:

My Mooi Dorp Ep 2, 13 Maart 2021

In die tweede program fokus ons op die feit dat ons meer magte het om dinge te verander as wat ons besef, en ook op basiese, volhoubare sakebeginsels. Ons kyk na spaza winkels en shisamyamas as voorbeelde.

Luister hier na die program:

Gerhard Papenfus

In die tweede uitsending, gesels Marí Hudson met Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, wat betrokke is by die bemagtiging van werkgewers, arbeidswetgewing, nasionale onderhandelings, kollektiewe onderhandelings en is ‘n aktiewe drukgroep vir besighede. Hy is ook een van die direkteur van die nuwe nasionale platform (NGO) UkuzalwaSA (RenaissanceSA) vir die bemagtiging van plaaslike owerhede.
Hy gee raad oor die eerste stappe wat jy kan neem as dinge in jou dorp verkeerd loop.

Meer oor Gerhard Papenfus:

Ek gesels ook met Jean Pierre du Plessis, ‘n jong regsgeleerde wat nou by AD Tech alles in die stryd werp om seker te maak projekte wat deur inwoners, gemeenskappe of dorpe aangepak word, kan ook ekonomies haalbaar wees en word. Hy gee raad oor watter beginsels elkeen in ag moet neem voordat jy ‘n sake-onderneming moet begin, en hoe om sekere geldbronne te ontsluit.

Meer oor Jean Pierre du Plessis:

https://www.africandatatechnologies.com/

The green weapon

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting oor programme, fondse en hulp:

– Befondsing is beskikbaar as jy parke en enige ander groen areas wil ontwikkel.

Sluit aan by My Mooi Dorp

Word deel van die gemeenskap wat verandering en hoop wil bring.
Ons sal jou ook op hoogte hou met ‘n e-nuusbrief, met skakels na inligting van jou kan help en inspireer.
Klik hier.

Luister ook na dié insiggewende gesprek op Praat Saam op 5 Maart, wat ‘n goeie agtergrond skets waarom openbare infrastruktuur nie in stand gehou word nie, en waarom dorpe agteruitgaan:

Wat wag in die toekoms in die program op jou?

Ons gaan voortaan na alle aspekte kyk.


Waar staan ons

  • met skoon oudits,
  • watervoorsiening,
  • Rioolwerke
  • Besoedeling van die omgewing
  • kragvoorsiening,
  • toestand van paaie,
  • Armoede
  • Maatskaplike probleme
  • Werkskepping
  • Oplossings
  • Die pad vorentoe
  • Langtermyn en korttermyn projekte

Ons gaan ook die volgende onder die loep neem:

  • Ons gesels met kenners oor wat jou dorpsraadslid moet doen, en wat jy kan doen as dit nie gebeur nie
  • Wat is jou regte as belastingbetaler en gemeenskapslid
  • Ons gesels met regskenners oor waterregte en kyk na voorbeeld soos Koster en Swartruggens
  • Ons gesels met Barend le Grange en sy span
  • Ons kyk na sonpanele, windplase en hidro-elektrisiteit
  • Hoe kan jou dorp skoon gemaak word
  • Hoe werk die herwinnings ekonomie
  • Watter higieniese regulasies moet deur n munisipaliteit toegepas word
  • hoe goed is die polisie in jou dorp? En die staatsaanklaer en landdros? Hoe kan dit verbeter word?
  • Hoe kan die maatskaplike probleme opgelos word
  • Hoe gemaak met sake-eienaars wat nie omgee hoe die dorp lyk of verval nie, maar geld wil maak uit verhurings, maak nie saak hoe haglik dit lyk nie
  • Hoe kan die stalletjies in ‘n dorp netjieser gemaak word
  • hoe praat mens met al die gemeenskappe en luister wat elke groep se behoeftes is, want elke dorp is net so mooi en goed as sy swakste gemeenskap. Dit is ‘n kwessie van uit die gemeenskap vir die gemeenskap.
  • Ontmoet mense uit verskillende dorpe en verskillende gemeenskappe

Sluit aan by My Mooi Dorp

Word deel van die gemeenskap wat verandering en hoop wil bring.
Ons sal jou ook op hoogte hou met ‘n e-nuusbrief, met skakels na inligting van jou kan help en inspireer.
Klik hier.