My mooi dorp: Jy hét baie magte

My Mooi Dorp is ‘n splinternuwe program op radio. Die program is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word. Dit skop af op Saterdag 6 Maart en sal elke Saterdag 11:10 tot 11:30 top RSG uitgesaai word. Probleme soos slaggate in paaie, besoedelde water, kragonderbrekings, onhigiëniese stalletjies, diefstalle, dwelmhandel, gebrekkige vervoerstelsels gaan aangepak word, want inwoners het baie meer regte as wat hulle dink. Ons gaan jou bemagtig met inligting, jou help met raad en daad waar nodig. Ons gaan jou inlig oor presies watter stappe jy volgens die reg kan neem om jou dorp en jou gemeenskap goed te laat funksioneer en te laat floreer. Ons gaan ook kyk hoe maatskaplike probleme, armoede, en gebrek aan opleiding aangepak kan word deur opleiding, bemagtiging en werkskepping. … Lees meer My mooi dorp: Jy hét baie magte