Ontmoet Katriena, Ke-Mamma van Melkhoutfontein


Haidee ontmoet Anthea Roussouw in Melkhoutfontein wat haar voorstel aan Katriena Solomon. Katriena is gebore op Oudtshoorn en woon die afgelope 25 jaar al in Melkhoutfontein. Sy is deel van ‘n groepie genaamd: die Ke-Mammas. Kom ons vind meer uit oor haar liefde vir kosmaak, hoe sy groen leef en snoekbraai in ‘n gebruikte, leë aartappelsak – sy noem dit Baba onder die kombers.