Van groentesmous tot jongboer van die jaar


Wayne Mansfield in sy suurlemoenboord

Hy is die jong suurlemoen boer van Pniel wat eers ‘n groentesmous was. Toe kry Wayne Mansfield ‘n gehuurde stuk grond by sy mentor en hy plant suurlemoenbome. Deesdae voer hy uit na Rusland, Europa en die Midde- en Verre-Ooste. Verlede jaar toe Haidee Muller by hom gaan kuier het, is hy aangewys as die Wes-Kaapse Opkomende Boer van die Jaar. Vanjaar het hy nog ‘n toekenning gekry wat met ‘n R200,000 tjek gekom het! Haidee moes eenvoudig gaan kyk hoe dit met hierdie inspirasie van ‘n jong boer gaan.

Wayne Mansfield by van sy suurlemoene

Wayne op sy trekker

‘n Vrag van Wayne se suurlemoene