Antie Doreen van Worcester speel tafelharp vir die bejaardes


Antie Doreen Abrahams van Worcester speel die tafelharp. Op 72 ontferm sy haar oor bejaardes op haar dorp. Sy gaan sing vir hulle, speel die tafelharp en mondfluitjie en was al ‘n paar keer selfs in Londen om daar na bejaardes te gaan omsien. Haidee was by haar huis op Worcester.

Luister Woensdag na Oggend op RSG, na die onderhoud met Antie Doreen.