Maniere, Maniere!


Kay Karriem

Het jy goeie selfoonmaniere? Kom vind uit.

In die plek van “Hoe Koop Ons”, begin Amore 9.30vm 20 Januarie met ‘n insetsel getiteld Maniere Maniere!

Sy gesels met Kay Karriem, redakteur van die Kuier tydskrif. Kay is ‘n kleurvolle mens, wat so bewus is van mense se maniere oor die selfone en sosiale media.  Ons het ‘n nuwe stel maniere nodig, wat jy nie gaan kry in Emsie se Etiket boek nie.

Dit irriteer ons almal as mense kliphard in ‘n geselskap met iemand oor die foon praat.

Luisteraars kan inskakel, of whatsapp, oor wat hulle wil weet oor die protokol van sosiale media, en sommer net plein foonmaniere!

Luister na die eerste program: